Twee SA'ners op bank vir Italië
2012-11-16 10:25
Kaapstad – Italië het agt veranderings gemaak aan die vyftiental wat Saterdag teen die Wêreldbeker-kampioen Nieu-Seeland in Rome sal uitdraf.
Die afrigter Jacques Brunel het meer van sy eerstekeuse-spelers ingebring vir die toets teen die All Blacks nadat die Azzurri verlede Saterdag met 28-23 teen Tonga geseëvier het.
Die vleuel Mirco Bergamasco, vaskopstut Martin Castrogiovanni en die flank Simone Favaro is almal in die beginspan ingesluit.
Die Suid-Afrikaansgebore slot Quintin Geldenhuys en veelsydige agterspeler Tobias Botes is op die plaasvervangerbank.
Afskoptyd Saterdag in Rome is om 16:00.
So lyk die span:
15 Andrea Masi, 14 Giovambattista Venditti, 13 Tommaso Benvenuti, 12 Alberto Sgarbi, 11 Mirco Bergamasco, 10 Luciano Orquera, 9 Edoardo Gori, 8 Sergio Parisse (kaptein), 7 Simone Favaro, 6 Alessandro Zanni, 5 Francesco Minto, 4 Antonio Pavanello, 3 Martin Castrogiovanni, 2 Leonardo Ghiraldini, 1 Andrea Lo Cicero
Plaasvervangers: 16 Davide Giazzon, 17 Alberto De Marchi, 18 Lorenzo Cittadini, 19 Quintin Geldenhuys, 20 Mauro Bergamasco, 21 Robert Barbieri, 22 Tobias Botes, 23 Luke McLean.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24