Todd Clever lei All Stars teen Lions
2013-02-04 18:00
Johannesburg – Die voormalige losvoorspeler van die Lions en Amerika se rugbykaptein, Todd Clever, sal die Noord-Amerikaanse All Stars in April teen die Lions lei.
Die Goue Leeus rugbyunie (GLRU) het Maandag die wedstryde teen die All Stars, wat in Irvine, Kalifornië en Brits-Columbië gespeel word, as deel van die Lions-uitdaagreeks bevestig.
Die Noord-Amerikaanse All Stars sal deur die VSA Eagles se breier, Mike Tolkin, in Kalifornië afgerig word terwyl Kanada se afrigter, Kieran Crowley, die span in Vancouver gaan brei.
"Ons sien uit na die Lions se besoek en hoop dat die plaaslike rugbygemeenskap sal kom kyk hoe 'n professionele span rugby speel," het Nigel Melville, president en uitvoerende hoof van rugbybestuur by VSA rugby, gesê.
Lees verder.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.