Tindall swaar beboet vir gedrag by WB
2011-11-11 15:04
Londen – Mike Tindall is Vrydag met £25 000 (sowat R315 000) beboet en uit Engeland se rugbyspan geskop oor sy gedrag by vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi.
Die Britse Rugby-unie (RFU) het ook gesê die flank James Haskell en die vleuel Chris Ashton is elk met £5 000 (sowat R63 000) oor ‘n ander voorval beboet, terwyl die haker Dylan Hartley vrygespreek is.
Brittanje het klippe gekou by vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland en sy uittog by die kwarteindronde is oorskadu deur swak gedrag agter die skerms.
Sekerheidskameras het Tindall, wat onlangs met Koningin Elizabeth II se kleindogter, Zara Phillips, getroud is, opgeneem waar hy in ‘n kroeg in Queestown met ‘n jong vrou flankeer.
“Mike Tindall is uit die Britse span verwyder en met £25 000 beboet vir sy gedrag in Queenstown op 11 September, 2011,” het die RFU in ‘n verklaring gesê.
Haskell en Ashton, wie se boetes tot 31 Desember 2012 opgeskort is, is gestraf vir hul gedrag teenoor ‘n vroulike werknemer by ‘n hotel in Dunedin.
“Ons glo nie die spelers wou me. Newton teister of intimideer nie,” het die unie oor die voorval gesê. “Dit is egter presies dié soort situasie waaroor ons die spelers voor ons vertrek na Nieu-Seeland gewaarsku het.”
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AFP