Tindall appelleer teen 'buitensporige' boete
2011-11-12 13:04
Londen – Die Engelse senter Mike Tindall gaan appelleer teen die boete van £25 000 (sowat R315 000) wat deur die Britse Rugby-unie (RFU) aan hom opgelê is.
Tindall se loopbaan in Engeland kan verby wees ná sy swak gedrag tydens die onlangse Wêrelbeker-rugbytoernooi wat in Nieu-Seeland gehou is.
Sekerheidskameras het Tindall, wat onlangs met Koningin Elizabeth II se kleindogter, Zara Phillips, getroud is, opgeneem waar hy in ‘n kroeg in Queestown met ‘n jong vrou flankeer.
“Mike Tindall is uit die Britse span verwyder en met £25 000 beboet vir sy gedrag in Queenstown op 11 September, 2011,” het die RFU Vrydag in ‘n verklaring gesê.
Die Rugbyspelersvereniging het bevestig dat Tindall teen die boete, wat die vereniging as "buitensporig" bestempel, gaan appelleer.
Die vereniging het gesê nie hy of Tindall sal verder kommentaar lewer nie.
– Lees meer hier
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg