Tim Whitehead terug vir Haaie
2012-09-13 14:07
Durban – Die Haaie het vier veranderings gemaak aan hul span wat Saterdag teen die Westelike Provinsie op Kingspark in Durban uitdraf.
Paul Jordaan, wat 'n besering aan sy gesig het, word deur Tim Whitehead op buitesenter vervang.
Whitehead is terug in aksie nadat hy ses weke op die krukkelys was met 'n gebreekte hand.
Die agsteman Keegan Daniel sal die kapteinskap by Jean Deysel oorneem nadat hy vroeër deur die Springbokke vrygestel is terwyl die veteraan-haker Pieter Dixon teen sy voormalige WP-spanmaats in die voorry sal sak.
Afskoptyd Saterdag is om 19:10.
So lyk die span:
15 Louis Ludik, 14 Odwa Ndungane, 13 Tim Whitehead, 12 Meyer Bosman, 11 Rosko Specman, 10 Riaan Viljoen, 9 Cobus Reinach, 8 Keegan Daniel (kaptein), 7 Jean Deysel, 6 Jacques Botes, 5 Anton Bresler, 4 Jandre Marais, 3 Wiehahn Herbst, 2 Pieter Dixon, 1 Dale Chadwick.
Plaasvervangers: 16 Monde Hadebe, 17 Julian Redelinghuys, 18 Peet Marais, 19 Brynard Stander, 20 Charl McLeod, 21 Marius Joubert, 22 S’bura Sithole.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24