Tertius wil loopbaan op koers kry by Griffons

2011-11-02 10:07
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein. – Die skrumskakel Tertius Carse kan volgende jaar weer sy rugbyloopbaan by die Griffons op koers kry.

Ná byna ’n jaar langs die kantlyn sal Carse hom in Januarie 2012 vir ’n jaar lank by die Perses aansluit.

Die 28-jarige Carse het vroeër vanjaar ’n ernstige skouerbesering opgedoen en daarom slegs enkele wedstryde in die Vodacombeker-reeks vir die Vrystaat gespeel.

Hy het intussen twee operasies, in April en Augustus, aan sy regterskouer ondergaan en was sedertdien nie weer in aksie nie.

Dié veelsydige agterspeler, wie se Vrystaat-kontrak einde Oktober verstryk het, was in 2011 ook in die Cheetahs se vergrote Super Rugby-groep.

Volgens Carse het hy ook ’n aanbod van die Luiperds ontvang, maar wil hy graag in die Rosestad aanbly.

Carse hoop hy kan sy loopbaan ’n tweede asem by die Griffons gee. “Hopelik kan ek weer my loopbaan in die volgende twee of drie jaar op koers kry.

“Ek het weens beserings in die laaste jaar nie baie rugby by die Vrystaat gespeel nie.

“Dit was ook die geval toe ek my aanvanklik by Griekwas aangesluit het. Ek het in die eerste jaar nie baie rugby in Kimberley gespeel nie, maar was later selfs Curriebeker-kaptein.

“Ek is baie positief oor die skuif. Dalk kan ek volgende jaar ’n goeie jaar hê en miskien sien iemand anders my weer raak,” sê hy.

Volgens Oersond Gorgonzola, die Griffons-afrigter, is Carse besig met rehabilitasie en behoort hy in Januarie beskikbaar te wees.

Dié breier is verheug oor die skuif, aangesien Carse ook senter en vleuel kan speel.

Die Perses se ander skrumskakels is Andries Mahoney en Oswald Nortjie. Nortjie het vanjaar vir die Griffons se o.21-span uitgedraf en kan ook heelagter en vleuel speel.

Volgens Gorgonzola is daar ’n moontlikheid dat die skrumskakel Hendrik van der Nest ook weer beskikbaar kan wees. Van der Nest is ’n onderskatte skrumskakel en het vanjaar vir die Pumas in die Curriebeker-reeks se Premierliga uitgedraf. Hy is voorheen al deur die Pumas aan die Griffons beskikbaar gestel.

Gorgonzola sê die skrumskakel Enrico Schultz het weens herhaalde enkelbeserings besluit om sy stewels op te hang.

Volgens Gorgonzola het Dan van den Heever, wat vanaf 2002 tot 2004 by die Perses betrokke was, ook weer as fiksheidskundige by sy span aangesluit.

Die breier sê hy sal ook ná 2012 se?Varsitybeker-reeks?weer?’n paar Shimlas soos die slot Gavin Annandale, die losvoorspeler Willie Britz, die flank Erik le Roux en die losskakel Reinhardt Erwee beskikbaar hê. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.