Terblanche terug in nr. 15-trui
2010-09-08 15:11
Durban - Die Haaie se kaptein Stefan Terblanche sal in sy gunsteling posisie op heelagter uitdraf wanneer die Durbaniete die Pumas Vrydagaand in 'n Curriebeker-kragmeting in Witbank pak.
Met Louis Ludik wat steeds met ‘n besering sukkel het Monty Dumond verlede naweek in die nr. 15-trui vir die Haaie uitgedraf. Maar die breier John Plumtree het besluit om vir Vrydagaand se stryd, eerder die meer ervare Terblanche in dié posisie te laat speel.
Sou Ludik sy fiksheidstoets nog vandeesweek slaag sal hy wel beskikbaar wees vir die Haaie, maar as plaasvervanger.
“Stefan gaan ons baie vorentoe momentum gee vanuit die oogpunt van 'n teenaanval en sy ervaring is natuurlik ook baie waardevol," het Plumtree oor die skuif gesê.
Ryan Kankowski sal Keegan Daniel, wat sy enkel verlede naweek teen die Blou Bulle seergemaak het, op agsteman vervang.
So lyk die span van die Haaie:
15. Stefan Terblanche (kaptein) 14. Odwa Ndungane 13. Andries Strauss 12. Riaan Swanepoel 11. Lwazi Mvovo 10. Patrick Lambie 9. Charl McLeod 8. Ryan Kankowski 7. Willem Alberts 6. Jacques Botes 5.Alistair Hargreaves 4. Steven Sykes 3. Eugene van Staden 2. Craig Burden 1. Patric Cilliers
Plaasvervangers: 16. Kyle Cooper 17. Wiehahn Herbst 18. Michael Rhodes 19. Skholiwe Ndlovu 20. Rory Kockott 21. Andre Pretorius 22. Louis Ludik / Luzuko Vulindlu.
Afskoptyd Vrydag in Witbank is 19:00.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA