Taai toets wag op SA buks

2009-11-11 06:51
Tweets Share Share line Print

PIETER JORDAAN

Dit is ook maar ’n goeie ding dat die Springbok-senter Adrian Jacobs aan druk gewoond is, want hy gaan Vrydagaand deeglik getoets word wanneer hy as binnesenter teen die fisieke Franse uitdraf.

Jacobs is gister as Jean de Villiers se plaasvervanger in die Bokke se nr. 12-rugbytrui gekies en sal Jaque Fourie se sentermaat in die middelveld teen die Hane in die Stade Municipal in Toulouse wees.

Dié verandering beteken dat die Bokke in grootte heelwat prysgee, maar niks gaan verlore in terme van skeppende vernuf nie.

Jacobs is eintlik ’n buitesenter en hoewel die Franse ’n jong senterpaar in Maxime Mermoz (23) en Yann David (21) gekies het, is hulle sterk hardlopers wat sonder twyfel hul visier op Jacobs se verdedigingskanaal sal hê.

Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, het erken dat die Bokke ’n gehalte-speler verloor het toe sy naamgenoot besluit het om sy rugby oorsee voort te sit.

“Maar is ons nie net geseënd om ouens soos dié (Jacobs) te kan inbring nie? Ek het volle vertroue in die manne wat nou inkom.”

Die beginspan toon vier veranderings van die span wat in die laaste Drienasies-toets teen Nieu-Seeland in Hamilton gespeel het.

JP Pietersen is terug as regtervleuel, Jacobs as binnesenter en Zane Kirchner is in die beginspan as heelagter in die plek van Frans Steyn wat nou ook oorsee speel.

“Ons is albei ervare genoeg om in enige posisie te kan speel. Adi is ’n goeie rugbyspeler en opgewasse vir die taak,” het Fourie gesê.

“Die Franse het ’n fisieke agterlyn gekies, maar ons het ons huiswerk gedoen op die verdediging.”

Fourie glo nie die feit dat die Franse senterpaar onervare is maak die Hane se middelveld meer kwesbaar nie.

Dié groot senter het self in die Drienasies-reeks laas rugby gespeel en was ’n toeskouer in die Curriebeker-reeks terwyl eers ’n skorsing en toe ’n kontrakdispuut hom van die veld gehou het.

“Ek was die Maandag toe ons bymekaargekom het nog so ’n bietjie verroes, maar hierdie is my werk en ek is professioneel.

“Ek het my tyd af in die gimnasium deurgebring. En al sal die eerste 10 minute (van die toets) dalk ’n bietjie taai wees, het ek my die laaste tyd sielkundig en fisiek voorberei.”

Fourie sê hy is honger om weer te speel en sien uit om van sy kombinasie met Jacobs ’n sukses te maak.

“Ons oefening vandag (gister) was seker die beste een wat ek die hele jaar gesien het.”

Die Bok-agttal lyk gedug met die beproefde vaste vyf almal op hul pos. Heinrich Brüssow en Schalk Burger as die flanke kan ’n nuwe dimensie aan die voorspel gee met Ryan­ Kankowski as die agtsteman in die beseerde Pierre Spies se plek.

Die enigste verrassing was onder die plaasvervangers, waar twee stutte, Wian du Preez en CJ van der Linde, onder die vyf voorspeler-plaasvervangers tel.

Du Preez, Van der Linde en Adriaan Strauss het hulle eers vandeesweek by die Bok-groep ingesluit ná beserings aan voorrymanne dit genoodsaak het.

Ruan Pienaar en Wynand Olivier is die enigste agterspelers op die bank.

- Die Burger

Lees meer oor: rugby

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.