Super14-breiers wag in spanning op Div

2010-01-18 08:26
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die Curriebeker-reeks en selfs die jaareind-toer bied vir Suid-Afrika die beste geleentheid om sy sleutelspelers vir aanstaande jaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Nieu-Seeland vars te hou, glo die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské.

“As ek Peter de Villiers (Springbok-afrigter) was, sou ek versoek dat die Bokke aan die Curriebeker onttrek word en dalk ook aan die einde van die jaar. Hulle is nog nie moeg in die Super14-reeks nie,” het Drotské aan Sport24 gesê.

Hy het daarop gewys dat ’n soortgelyke strategie in 2006 gevolg is en dat dit wys kan wees om vanjaar 10 tot 12 sleutelspelers uit die Curriebeker te haal.

Drotské is saam met Suid-Afrika se ander Super14-breiers gepols oor die kwessie van rus vir top-Bokke.

Daar was nog nie vanjaar kontak tussen hulle en De Villiers daaroor nie, en die breiers wag nog in spanning om te hoor of daar verwagtinge in die Super14-reeks sal wees.

De Villiers was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Die meeste van die spelers wat moontlik geraak kan word, is by die Blou Bulle, Sharks en Westelike Provinsie gekontrakteer.

“Al speler wat by ons geraak kan word, is Heinrich Brüssow. Hy het Maandag eers begin oefen en het ’n maand af gehad. As hy voel dat hy rus benodig, sal ek gehoor gee,” sê Drotské.

Ofskoon die Lions nie werklik geraak sal word nie, het hul breier, Dick Muir, die versekering gegee dat hy “ten volle” aan versoeke gehoor sal gee.

“Ons streef almal na ’n nasionale oplossing. Ek dink ’n mens moet individuele gevalle van spelers in ag neem en nie deur die bank ’n besluit neem nie.”

Die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, wil sover moontlik konsekwent in sy spankeuses bly. Dié beleid het vir hom welslae in die Curriebeker-reeks gebring.

“Waar ons kan help, sal ons afhangende van die situasie die versoek oorweeg. Ek is bewus van die groter prentjie en weet nog nie wie die spelers is wat Peter oormerk nie,” sê hy.

“Hoe langer ’n groep saam speel, hoe beter sal hy vaar. Ek sal nie net kyk om spelers te roteer nie. Die kombinasies moet mekaar vind. ’n Speler verbeter net as hy speel.

“Ons streef ook ons eie doelwitte na…ons het seker gemaak dat die Bokke die vereiste vier weke se rus kry.”

John Plumtree, afrigter van die Sharks, het ook bevestig dat versoeke oorweeg sal word.

“Dit maak dit natuurlik baie makliker as jy diepte het. My ervaring is ook dat spelers verkies om te speel en nie daarvan hou om te rus nie. Nieu-Seeland het ook al harde lesse geleer deur spelers uit die Super14-reeks te haal.”

Nieu-Seeland se rus-strategie deur gekontrakteerde All Blacks vir verskeie rondes in die Super14-reeks in 2007 te laat rus, is onder andere deur die voormalige Crusaders-afrigter Robbie Deans as een van die redes vir Suid-Afrika se welslae daardie jaar beskou.

Deans het aangevoer dat Suid-Afrika baie selfvertroue uit die Bulls en Sharks se welslae in die Super14-reeks in 2007 geput het.

Die kampioene, die Bulls, het ’n positiewe ingesteldheid teenoor nasionale belang, hoewel die druk natuurlik op hulle is om aan te hou presteer.

“Ons ondersteun vir Peter de Villiers en ek het ’n goeie verhouding met hom. Ek is seker dat ons ’n goeie gesprek sal hê oor hoe die spelers bestuur moet word… ons sien die groter prentjie,” sê die Bulls se afrigter, Frans Ludeke.


- Die Burger

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.