Strydros onthul ‘wenplan’ teen Bokke

2010-11-19 10:03
Tweets Share Share line Print

Edinburg - Nathan Hines glo sy insluiting as steelkantflank sal vir Skotland ’n teenvoeter teen Suid-Afrika se gedugte lynstaanspel in Saterdag se rugbytoets op Murrayfield bied.

“Dit het vir my ook as ’n verrassing gekom. Andy Robinson (Skotland se afrigter) het my Maandag ingeroep en gevra of ek dit sal kan hanteer. Dis geen probleem vir my nie en ek dink dit kan help om ons lynstaanspel op te skerp.

“Suid-Afrika het goeie lynstaanspringers, maar nou het ons meer opsies,” het Hines gesê.

Skotland sal die bal so ver moontlik van die Springbok-kaptein, Victor Matfield, in die lynstane wil hou. Met ’n slotpaar van Richie Gray en Scott Macleod, tesame met Hines op die flank, is dit vir die tuisspan ’n besliste moontlikheid.

Hines se 65 toetse maak hom die mees ervare speler in die Skotse span en hy sien daarna uit om met die Bok-slotpaar van Matfield en Bakkies Botha kragte te meet, al is dit nie hierdie keer as regstreekse teenstander nie.

“Dis ouens teen wie ek baie graag speel.

“Hulle speel die spel op die manier wat ek daarvan hou – kliphard, maar skud ná die wedstryd hand en drink saam ’n bier,” het hy gesê.

“Bakkies en Victor speel al lank saam. Die rede daarvoor is dat hulle goed is en mekaar puik aanvul.”

Hines weet ook presies wat om van die Bokke te verwag.

“Hulle is baie direk en fisiek. Dis vir jare al die Bokke se resep – groot ouens wat reguit op jou afstorm. Jy moet net jou man in daardie konfrontasie staan.

“Dis egter ’n moeilike ding om te doen.

“Ek dink nie die All Blacks is so fisiek soos die Bokke nie. Hulle stuur nie baie spelers losskrums toe nie en poog om vir die agterspelers ruimte te skep.

“Suid-Afrika verwag van sy voorspelers om leiding te gee.” 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: skotland  |  springbokke  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.