Strydros Contepomi terug vir Poemas
2012-11-07 13:30
Kaapstad – Die Argentynse veteraan Felipe Contepomi is in die beginspan gekies vir die Poemas se toets teen Wallis in Cardiff.
Die 35-jarige senter kon weens klubverpligtinge in Frankryk nie in die onlangse Rugbykampioenskap-reeks speel nie.
En hoewel hy nie by Argentinië se aanvanklike toergroep vir die November-toetse ingesluit is nie, sal Contepomi Saterdag in Cardiff in die beginspan uitdraf.
Argentinië se afrigter, Santiago Phelan, het besluit om Gonzalo Tiesi en Contepomi as sy senterpaar te gebruik.
Juan Martin Hernandez sal die nr. 15-trui dra en Nicolas Sanchez draf uit op losskakel.
So lyk die span:
15 Juan Martin Hernandez, 14 Gonzalo Camacho, 13 Gonzalo Tiesi, 12 Felipe Contepomi, 11 Juan Jose Imhoff, 10 Nicolas Sanchez, 9 Martin Landajo, 8 Juan Martin Fernandez Lobbe (kaptein), 7 Juan Manuel Leguizamon, 6 Leonardo Senatore, 5 Julio Farias Cabello, 4 Manuel Carizza, 3 Juan Figallo, 2 Eusebio Guinazu, 1 Marcos Ayerza.
Plaasvervangers: 16 Agustin Creevy, 17 Bruno Postiglioni, 18 Juan Gomez, 19 Tomas Vallejos, 20 Tomas Leonardi, 21 Nicolas Vergallo, 22 Horacio Agulla, 23 Joaquin Tucule
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24