Cheetahs - Lions: Stryd van senters

2010-10-02 11:24
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Dit is nie aldag dat agt senters mekaar op ’n rugbyveld aanvat nie en daarom kan die werkverrigting van die Vrystaat of die Leeus se viertal-senters vandag hier in ’n Curriebeker-wedstryd dalk die deurslag gee.

Albei spanne gebruik twee senters as vleuels in dié belangrike kragmeting wat as ’n kwarteindstryd in die reeks beskou kan word.

Gevolglik sal die vleuels se vertonings in die kollig wees en kan hul bydrae ’n enorme impak op hul spanne se welslae in dié wedstryd en in die reeks hê.

Die tuisspan moes noodgedwonge nóg ’n senter as vleuel kies nadat die Springbok Jongi Nokwe ’n kniebesering opgedoen het. In die afwesigheid van die Blitsbok Lionel Mapoe, wat in ’n kontrakgeskil tussen die Vrystaat en die Haaie gewikkel is, speel die Vrystaters van die begin van die reeks af met die senter Philip Snyman op regtervleuel. Die besoekers speel met die senters Jannie Boshoff en Deon van Rensburg as vleuels.

Hulle is deel van ’n begeesterde span wat die bal graag versprei en kan dus gereeld in aksie wees.

Pieter Jordaan berig dat trots, passie en omgee vir mekaar – dié dinge wat die Leeus-breier, John Mitchell, sedert sy aankoms in Johannesburg só ywerig by sy spelers probeer tuisbring het – teen die Vrystaat nodig sal wees.

Selfs al het die Leeus hul veldtog ná ’n swak begin in die reeks met ’n klomp uithaler-vertonings in ’n sukses verander, was ’n oorwinning oor ’n sterk teenstander in ’n wegwedstryd hulle nog nie beskore nie.

Die Cheetahs het gewys hoe goed hulle onder druk kan verdedig toe hulle die Blou Bulle onlangs op Loftus Versfeld geklop het. Wat die Leeus te doen staan, is om hul besit met selfs meer geduld as die Bulle te behou. Goeie besit in die hande van Jano Vermaak, Elton Jantjies en Doppies la Grange beteken probleme vir teenstanders.

- Volg Nuus24 Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: curriebeker  |  cheetahs  |  lions

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Dante sê... Ek moet darem vir die Stormers n lansie breek. Jy sal opmerk dat al die spanne hul spelpatroon drasties wysig wanneer hulle teen die Stormers speel. Almal (selfs die Crusaders) het skoptaktiek gebruik toe hulle teen ons speel. Dit dwing die Stormers om die veilige opsie te neem en die wedstryde "versigtig" af te sluit. Ons speel ook geweldig baie 7-uur wedstryde en die veld is gevolglik baie nat. Glo my, die Stormers gaan, wanneer hulle teen die bulletjies op n droë Loftus speel, baie hardloop. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Back End Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Clerk General III

Bethlehem, South Africa
Pioneer Foods
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.