Strauss-neefs sak vir Bokke, Iere
2012-11-08 15:24
Kaapstad – Die haker Richardt Strauss is in Ierland se beginspan vir die toets teen die Springbokke in Dublin opgeneem, wat beteken dat hy teen sy neef, Adriaan, in die voorry gaan sak.
Die agsteman Jamie Heaslip sal Ierland se 101ste kaptein word wanneer hy die span Saterdag vir die eerste keer op die veld lei.
Heaslip is die kapteinsarmband gegee nadat Brian O'Driscoll en sy onderkaptein Paul O'Connell albei weens beserings moes onttrek.
Afskoptyd Saterdag is om 19:30.
So lyk die spanne:
Ierland:
Simon Zebo, Tommy Bowe, Keith Earls, Gordon D'Arcy, Andrew Trimble, Jonathan Sexton, Conor Murray, Cian Healy, Richardt Strauss, Mike Ross, Donnacha Ryan, Mike McCarthy, Peter O'Mahony, Chris Henry, Jamie Heaslip (kaptein)
Plaasvervangers: Sean Cronin, David Kilcoyne, Michael Bent, Donnacha O'Callaghan, Iain Henderson, Eoin Reddan, Ronan O'Gara, Fergus McFadden
Springbokke:
15 Zane Kirchner, 14 JP Pietersen, 13 Jaco Taute, 12 Jean de Villiers (kaptein), 11 Francois Hougaard, 10 Patrick Lambie, 9 Ruan Pienaar, 8 Duane Vermeulen, 7 Willem Alberts, 6 Francois Louw, 5 Juandré Kruger, 4 Eben Etzebeth, 3 Jannie du Plessis, 2 Adriaan Strauss, 1 Beast Mtawarira
Plaasvervangers: 16 Schalk Brits, 17 CJ van der Linde, 18 Pat Cilliers, 19 Flip van der Merwe, 20 Marcel Coetzee, 21 Morné Steyn, 22 Juan de Jongh 23. Lwazi Mvovo
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24