‘Stormers wil S14-geskiedenis maak’

2010-01-14 18:35
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Stormers het dit as mikpunt gestel om met die beste Super14-veldtog in hul geskiedenis vorendag te kom.

Só sê die Stormers-slot Anton van Zyl, wat waarskynlik Andries Bekker se slotmaat sal wees wanneer die Kaapse streekspan se veldtog op 13 Februarie teen die Lions in Johannesburg begin.

“Die hoë verwagtinge wat ondersteuners van ons koester, is heeltemal geregverdig. Die span het van die einde van verlede jaar se Super14-reeks en dwarsdeur die Curriebeker belofte getoon, en daar is ook nou nuwe aanwinste,” sê Van Zyl.

“Ons werk hard om die volmaakte pakket te word, nie as individue nie, maar as ’n span.

“As span wil ons met die beste Stormers-vertoning ooit vorendag kom, maar op ’n meer praktiese vlak en in terme van visie, wil ons net elke week as span verbeter.

“Ons wil beter as enige Stormers-span voor ons – as ’n span – vertoon.”

Wat vorige prestasies betref, het die Stormers ’n beskeie geskiedenis.

Hulle het nog net in 1999 en 2004 die Super14-halfeindronde gehaal, maar was ook vir ’n goeie paar jaar Suid-Afrika se voorste span toe al dié land se spanne gesukkel het om hond haaraf te maak.

In ieder geval is dit ook lekker om te hoor dat die Stormers “as span” goed wil vaar. Selfs die groep van 1999 is deur ego’s teruggehou.

“Daar is ’n groot klem op harmonie in spanverband om te verseker dat almal in dieselfde rigting trek,” sê Van Zyl.

“Ons het verlede week byvoorbeeld tydens ons oefenkamp tyd weg van rugby spandeer om te verseker dat almal mekaar leer ken. Dis belangrik dat almal in moeilike tye bymekaar staan.”

Met Adriaan Fondse nog op die krukkelys, behoort Van Zyl vroeg in vanjaar se veldtog ’n prominente rol te vertolk.

“As ek gelukkig genoeg is om as nr.4-slot gekies te word, sal dit fantasties wees. Andries Bekker is ’n wêreldklas-speler en dis vir my belangrik om net deel van die span te wees,” sê Van Zyl.

“Dit gaan nog ’n rukkie vir Fondsie neem om sy fiksheid te herwin, maar hy is ’n puik slot en daar gaan groot wedywering wees.”

Behalwe vir die gehalte van sy vertonings, is die 29-jarige Van Zyl ook ’n sterk leier en kan hy ’n belangrike rigtingwyser in spanverband wees.

“Die spanbestuur skep ’n kultuur waar elke speler ’n leier in sy eie posisie móét wees. Dit gaan daaroor om vir jou rol in die span verantwoordelikheid te neem,” sê Van Zyl.

“As dit my taak is om leiding aan jonger spelers te verskaf, doen ek dit met graagte.”

Hierdie kan ook ’n jaar wees vir Van Zyl om sy stem vir die Groen-en-Goud dik te maak. Sy bestendigheid en intelligensie maak van hom ’n kandidaat.

“Enige Suid-Afrikaanse speler wat sê dat hy nie sy visier op die Groen-en-Goud het nie, vertel ’n leuentjie,” sê Van Zyl.

“Ek weet my kanse het net soveel met my vertonings as die span s’n te make.

“My primêre fokus is om myself in die span te vestig en ’n bydra tot sy vertoning te lewer.

“Jy lyk beter in ’n wenspan. Die Bokke is ’n doelwit, maar die fokus is om toe te sien dat die span sy doelwitte bereik.”

- Die Burger

Lees meer oor: stormers  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.