Stormers verniel Force op Nuweland
2010-01-23 19:40
Kaapstad - Die Stormers het hulle voorbereiding vir vanjaar se Super 14-toernooi met ’n goeie begin afgeskop nadat hulle die Western Force op Nuweland gedurende die opwarmingswedstryd vertrap het.
Die Stormers het Saterdag hulle openingswedstryd van die Neo Africa driehoekige reek 54-12 gewen, nadat hulle reeds 41– 0 teen halftyd voorgeloop het.
Die Stormers het sewe drieë gedruk, insluitend een deur die nuweling van die span, Bryan Habana.
Matt Dunning en Jacques Potgieter het egter elkeen met ’n rooi kaart weggeloop nadat hulle teen die einde van die wedstryd rusie opgetel het.
Die volgende wedstryd van die driehoekige reeks vind Dinsdag om 19:00 tussen die Wester Force en die Sharks plaas.
-Sport24