Stormers té sterk vir Sharks
2011-04-30 20:55
Kaapstad - Die Stormers het met 'n telling van 32-12 as wenners uit die stryd getree ná hulle Super Rugby-kragmeting Saterdag teen die Sharks op Nuweland in Kaapstad.
Die tuisspan het vier keer agter die pale gaan kuier, terwyl die besoekers nie een drie kon druk nie.
Die Stormers het teen halftyd met 22-9 voorgeloop.
Meer as 46 000 toeskouers het op Nuweland toegesak vir die wedstryd.
Puntemakers:
Stormers
Drieë: Jean De Villiers, Gio Aplon, Jaque Fourie, Deon Fourie
Doelskoppe: Lionel Cronje (3); Kurt Koleman
Strafskoppe: L.Cronje (2)
Skepskoppe: Gio Aplon
Sharks
Strafskoppe: Patrick Lambie(4)
- Volg Nuus24Sport op Twitter.