Stormers gooi wal vir wen teen Lions
2011-02-26 21:24
Kaapstad - Die Stormers moes Saterdag in die laaste minute op Nuweland 'n verwoede aanval van die Lions afweer om hul eerste Super Rugby-wedstryd van die seisoen met 19-16 te wen.
Dit was plaasvervanger Pieter Louw se drie in die 74ste minuut wat die telling eindelik in die guns van die tuisspan geswaai het.
Aanhoudende druk deur die Lions en hul kaptein Franco van der Merwe se uitstekende werk in die lynstane het die Kaapse streekspan uit die staanspoor onder druk gehad.
Die rustydtelling was 9-8 in die guns van die Stormers, maar die eerste helfte het beslis aan die Lions, wat met 'n drie deur Waylon Murray kon spog, behoort.
In die tweede helfte het die Stormers hul verdediging verskerp. En selfs na sowat 15 fases van balbesit kon die Lions geen deurkomkans vind om die uitslag te swaai nie.
Puntemakers:
Stormers: Drie: Pieter Louw Doelskop: Peter Grant Strafskoppe: Gary van Aswegen (3) Peter Grant (1)
Lions: Drieë: Waylon Murray, Jaco Taute Strafskoppe: Elton Jantjies (2)
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24
Neem hieronder deel aan ons meningspeiling oor die kommentators in hierdie wedstryd:
Stem
Hoe sou jy Toks van der Linde se kommentaar beskryf in dié kragmeting?
Stem
Hoe sou jy Hennie Koortzen se kommentaar beskryf in dié kragmeting?