Stormers draai krane oop teen Force
2011-03-26 16:50
Kaapstad - Die Stormers het hul drieë-droogte in die Super Rugby-reeks gebreek met 'n indrukwekkende oorwinning oor die Western Force op Nuweland in Kaapstad.
Die Kapenaars het ses drieë teenoor die Force se een gedruk om eindelik met 51-16 te seëvier.
Senter Jaque Fourie het die Stormers se rekening oopgemaak met 'n drie na slegs 92 sekondes se spel.
Die rustydtelling was 27-16 in die guns van die tuisspan.
Dié oorwinning plaas die Stormers nou boaan die Super Rugby-punteleer.
Puntemakers:
Stormers:
Drieë: Jaque Fourie (2), Jean de Villiers, Deon Fourie (2), Andries Bekker Doelskoppe: Peter Grant (6) Strafskoppe: Peter Grant (2)
Western Force:
Drieë: James O'Connor Doelskoppe: James O'Connor Strafskoppe: James O'Connor (3)
Die Stormers se volgende kragmeting is teen die Sharks in Durban terwyl die Western Force die Rebels in Perth pak.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Nuus24
Neem deel aan die meningspeiling hieronder oor die televisie-kommentators in hierdie wedstryd.
Stem
Hoe sou jy John van Rensburg se kommentaar beskryf in dié kragmeting?
Stem
Hoe sou jy Toks van der Linde se kommentaar beskryf in dié kragmeting?