Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Steyn slag Kiwi's

2009-08-02 07:21
Tweets Share Share line Print

Morne Steyn (AFP)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou stories

Durban - Peter de Villiers, jy kan maar soveel Bybelse metafore verwring as wat jy lus kry, want jy is besig om ’n helse rekord as Springbok-afrigter te bou.

Morné Steyn, jy kan min of meer maak soos jy lus kry – 31 punte teen Nieu-Seeland is mos ongehoord!

Die Bokke het gister hier vir die eerste maal sedert 1976 twee agtereenvolgende toetse teen Nieu-Seeland gewen en dié keer is daar nie te stry met die eindtelling van 31-19 nie.

Buiten dat dit dalk ’n bietjie vleiend was vir die besoekers.

Dié keer kan hulle nie, soos in ’76, die skeidsregters blameer of, soos in ’95, voedselvergiftiging pleit nie.

Die Springbokke is op die oomblik veel, veel beter as die All Blacks en bou hulle voort op die soort inklimrugby van die afgelope twee naweke, kan hulle dalk (kan ons dit maar fluister sonder om die rugbygode te vertoorn?) die Drienasies-titel reeds in Perth beklink.

Daar ís ruimte vir verbetering – die twee geel kaarte wat hulle op die lyf geloop het, het klaar ’n verskil gemaak. Isaac Ross is ook so gestraf, maar hoeveel spanne speel met 14 manne rugby teen Nieu-Seeland en oorheers sake nog steeds?

JP Pietersen (hoogvat) en Bakkies Botha (onkant) was die Bokke wat moes gaan afkoel, maar jy kon nie veel fout met die Springbok-dissipline vind nie.

Soos ’n week tevore in Bloemfontein, kan die Bokke dié ene ook al teen rustyd beklink het, maar dié keer het dit net mooi nooit gelyk of die All Blacks kan baas wees nie.

Stephen Donald en Jimmy Cowan is miskien die powerste skakelpaar in die All Blacks se geskiedenis en agter ’n pak wat knor soos hulle s’n gister was daar derhalwe g’n kans nie.

Piri Weepu het Cowan net ná rustyd vervang en Luke McAllister vir Donald ’n rukkie later.

Dis inderdaad twyfelagtig of die arme Donald ooit weer vir Nieu-Seeland gaan speel. Jaque Fourie het vroeg-vroeg die smaak uit sy mond gelak onder ’n hoë bal en hierna was dit hasie-in-die-kollig vir die losskakel.

Die Bokke het weer die druk gelaai en gelaai en gelaai, soveel so dat ’n man huiwer om uitsonderings te maak, maar Bismarck du Plessis is ’n uitsondering: ’n yslike haker wat die veld vol speel en klokslag die bal by sy prooi afgevat het met die duikslag saam.

Pierre Spies gaan ook dié seisoen van krag tot krag en agter ’n pak, op die voorvoet? Fourie du Preez was eksieperfeksie en Suid-Afrika se eerste drie het einste gekom toe die skrumskakel ’n vrot skrumbal voor die sukkelende Cowan weggeraap het om Morné Steyn met die maklikste paadjie doellyn toe te los.

Steyn het darem self die soort seisoen waarvan skoolseuns droom.

Ná hy reeds ’n toetsreeks teen die Leeus uit sy eie halfgebied beklink het en ’n reuse-aandeel gehad het in die Bulls se Super14-sege, het hy gister reeds teen rustyd Jannie de Beer se punterekord teen die Kiwi’s geëwenaar deur die vlae met vyf strafdoele te lig en sy drie self te doel.

Hy het dit ’n kwartier na rustyd alleen-eiendom gemaak met ’n maklike strafdoel.

Dat die All Blacks hoegenaamd nog in die prentjie was ná ’n halfuur was te danke aan die geluksgodin.

Cowan en Donald is dalk nie waffers nie, maar die manne aan hul buitekant is wel. Ma’a Nonu, Sitiveni Sivivatu en die uitgeslape Conrad Smith was dalk ’n paar maal gelukkig met die wip van die bal, maar vaderland: wéét hulle nie net wat om daarmee te doen nie!

Met reën wat gereeld deur die wedstryd uitgesak het, was aanslane aan die orde van die dag.

Suid-Afrika het in die proses ewe min geluk aan hul kant gehad, maar dié was nie gister nodig nie.

Hoogdruk-rugby op sy beste was goed genoeg en daar was g’n enkele Bok wat eintlik ontevrede met sy spel kon voel nie – die All Blacks is veel makliker uit te sonder: Nonu, Sivivatu en daai nimmereindigende doring Richie McCaw.

Daar is mense wat kla as daar soveel hoë skoppe geloods word, maar as jy dit goed doen, is die hangbal heel aanskoulik!

Gister was die meeste van die Bokke se hangskoppe op ’n tiekie en hulle het soos besetenes onder die ontvangers ingevlieg. Daar was gisteraand ’n hele paar seer Kiwi-ribbes in Durban!

Die afronding was nie altyd wonderlik nie: ’n paar gulde geleenthede is verbrou om nog drieë te gaan druk, maar verder was daar eerlikwaar g’n enkele rede tot klagte nie.

Die Springbok-skrum het dalk ’n keer of twee teen die Leeus s’n gesteier, maar in die Suidelike Halfrond is daar nie meer ’n voorry wat met menere Du Plessis, Mtawarira en Smit kan saamlewe nie.

Die Beast is só warm dat dit amper ondenkbaar is dat sy beste jare waarskynlik nog so ’n jaar of drie in die toekoms is!

Hy het die arme Owen Franks in die skrums verniel, soos ’n demoon verdedig en op ’n kol so hittete onder Sivivatu uitgehardloop.

Smit het gister die mees ervare toetskaptein in die spel se geskiedenis geword. Klink ’n glasie op dié strydros – hy verdien dit. Sy leierskap is ’n yslike faktor in die vertonings van Bok se kind wat ons nou amper-amper gewoond begin raak.

Die Bokke was gister sóveel beter as die All Blacks dat ’n man plek-plek vir die wekker gewag het.

Maar dis nie ’n droom nie – ná jare se aftjoppery is dit Suid-Afrika se beurt!

Punte:

Suid-Afrika 31 (22):
Drie: Morné Steyn. Doelskop: Steyn. Strafdoele: Steyn (8).

Nieu-Seeland
19 (13):
Drie: Isaac Ross. Doelskop: Stephen Donald. Strafdoele: Donald (3), Luke McAllister.

- Rappport

Lees meer oor: morne steyn  |  drienasies  |  rugby
VOLGENDE OP NUUS24X

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Northwold - 20:37 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive
  • Thursday Pretoria - 18:17 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Lois Avenue
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.