Ster-senter terug vir Hane
2013-02-07 13:22
Marcoussis – Die senter Mathieu Bastareaud sal vir die eerste keer in meer as drie jaar vir Frankryk uitdraf wanneer die Hane teen die verdedigende Sesnasies-kampioene Wallis speel.
Afskoptyd Saterdag in Parys is om 19:00 (SA-tyd).
Bastareaud is een van twee veranderings aan die span wat hul Sesnasies-openingswedstryd laas Sondag met 18-23 teen Italië verloor het.
In 2009 het die 24-jarige, wat tien toetse vir die Hane op sy kerfstok het, se probleme van die veld en swak spelpeil hom 'n plek in die span gekos.
So lyk die span:
15 Yoann Huget, 14 Wesley Fofana, 13 Mathieu Bastareaud, 12 Maxime Mermoz, 11 Benjamin Fall, 10 Frederic Michalak, 9 Maxime Machenaud, 8 Louis Picamoles, 7 Thierry Dusautoir (kaptein), 6 Fulgence Ouedraogo, 5 Yoann Maestri, 4 Jocelino Suta, 3 Nicolas Mas, 2 Dimitri Szarzewski, 1 Yannick Forestier
Plaasvervangers: 16 Benjamin Kayser, 17 Vincent Debaty, 18 Luc Ducalcon, 19 Romain Taofifenua, 20 Damien Chouly, 21 Morgan Parra, 22 Francois Trinh-Duc, 23 Florian Fritz
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Reuters