Stefan Terblanche glo in gesoute Haaie

2010-10-29 09:42
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Daar is genoeg ervaring in dié span om Saterdag weer die Curriebeker te wen en diegene wat onseker is, hoef maar net ná die speler langs hom te kyk vir inspirasie.

Só glo die Haaie se Stefan Terblanche, wat Saterdag in sy vierde eindstryd vir dié rugbyspan speel, maar in sy eerste as kaptein.

“Ons het dalk jong outjies soos Pat Lambie en Lwazi Mvovo, maar daar is genoeg ervaring aan hulle binne- en buitekante, sou hulle hulp (teen die WP) nodig hê,” het hy oor die span gesê wat Donderdag aangekondig is.

Die Haaie se breier, John Plumtree, het by dieselfde spelers gehou wat hulle aan die einde van die liga-deel in Absa se reeks bo-aan die puntelys gekry het. Dié groep moet nou ook die span ál die pad neem en die gesogte beker in Durban laat agterbly.

Slegs Odwa Ndungane het nie in die halfeindstryd teen die Blou Bulle begin nie. Hy vervang JP Pietersen as vleuel, iets wat hy reeds ná 20 minute van dié stryd moes doen toe laasgenoemde ’n dyspier geskeur het.

Die res van die span het die grootste deel van die seisoen vir die Haaie uitgedraf, met selfs Tendai Mtawarira en Bismarck du Plessis, wat in die vroeë deel van die reeks gereeld gespeel het. Mtawarira sal vanjaar in sy negende wedstryd vir die Haaie speel en Du Plessis in sy agtste.

Die enigste Springbok wat nie gereeld vir die Haaie gespeel het nie is hul vaskopstut, Jannie du Plessis, wat maar in sy vierde wedstryd in die reeks sal speel.

Nie dat dit die dokter in die span veel sal pla nie. Du Plessis het immers in 2005, 2006, 2007 en 2008 in eindstryde gespeel en behoort geen probleme te hê om by dié drukkoker-atmosfeer aan te pas nie. Inteendeel, hy is die mees suksesvolle speler op die veld wat eindstryde betref en het reeds vier wenmedaljes om die nek.

Die enigste werklike groentjie in die Haaie-span is Anton Bresler, wat as plaasvervanger-slot gekies is.

Die 22-jarige het maar drie keer vanjaar as plaasvervanger gespeel en met Ross Skeate én Gerhard Mostert wat nie oorweeg is nie, sal Plumtree hoop Steven Sykes en Alistair Hargreaves kom niks oor nie.

* Die Haaie-span is:

Louis Ludik, Odwa Ndungane, Stefan Terblanche (k), Andries Strauss, Lwazi Mvovo, Patrick Lambie, Charl McLeod, Ryan Kankowski, Willem Alberts, Keegan Daniel, Alistair Hargreaves, Steven Sykes, Jannie du Plessis, Bismarck du Plessis, Tendai (Beast) Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Eugene van Staden, Anton Bresler, Jacques Botes, Rory Kockott, André Pretorius, Riaan Swanepoel.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.