Stadion-sterfte: Toeskouer was Swartland-boer
2010-02-10 15:04
Kaapstad - Die toeskouer wat verlede naweek by die nuwe Kaapstad-stadion aan 'n hartaanval beswyk het, was 'n geliefde boer van Malmesbury.
Nuus24 het Saterdag kort na die rugbywedstryd oor die voorval berig. Dit het intussen aan die lig gekom dat die oorledene André "Patat" Basson was.
Hy het op die plaas Doornfontein met vee, wingerd en gesaaides geboer. Hy was ook betrokke by die Vlaamperdbedryf.
Basson was in sy dae self 'n kranige sportman en het vir Boland rugby gespeel.
'n Dankdiens sal Saterdag, 13 Februarie om 10:00 in die Swartland NG Moederkerk, Malmesbury gehou word.
Lees die volledige artikel hier.
- Landbou.com