Springbokke hard aarde toe in 2010

2010-12-21 12:37
Tweets Share Share line Print

Willem Alberts, kragtige losvoorspeler van die Haaie, het hom laat geld toe hy op die toer na Ierland en Brittanje speelkans in die Bok-span gekry het. ­Alberts het teen Wallis, Skotland én Engeland drieë as plaasvervanger gedruk. Foto: GALLO IMAGES

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Terug aarde toe.

Dít is die harde werklikheid wat die Springbokke vanjaar beleef het toe die Drienasies- en Britse Leeus-glorie van 2009 opgevolg is deur ’n rugbyjaar wat ondersteuners liefs wil vergeet.

Die afgelope rugbyjaar was juis belangrik, aangesien 2011 ’n Wêreldbeker-jaar is.

Daar is wel diegene, soos die nasionale afrigter, Peter de Villiers, wat meen dat 2010 uiters waardevol was, want die Bokke kon lesse daaruit leer vir 2011.

En lesse het hulle geleer, sommer met ’n paar vuurwarm pakke slae.

De Villiers se Bokke het vyf van hul ses Drienasies-toetse verloor en ook verlede maand teen Skotland vasgeval.

Van hul 14 toetse het hulle slegs agt gewen. Suid-Afrikaners kon darem juig oor die seges oor Engeland, Ierland en ’n verswakte span van Frankryk.

Al probleem is dat Engeland, Ierland en Frankryk waarskynlik nie die spanne is wat tussen Suid-Afrika en ’n derde Wêreldbeker-kroon staan nie.

Wanneer De Villiers weer op die knoppies van spelers wat vanjaar gereeld beseer was kan druk, behoort die Bokke met die spanne van die Noordelike Halfrond af te reken.

Dit was duidelik dat die afwesigheid van Bakkies Botha, Heinrich Brüssow, Juan Smith, Schalk Burger, Fourie du Preez, Jaque Fourie en JP Pietersen ’n leemte gelaat het.

Die Bok-spanlys lyk op vol sterkte steeds vreesaanjaend, maar op grond van 2010 se vertonings nie goed genoeg om die All Blacks te klop nie.

Die Nieu-Seelanders speel teen ’n vinnige tempo en dit is ideaal, gegewe die nuwe toepassing van die reëls by die afbreekpunte.

Kan Suid-Afrika ook teen ’n vinnige tempo speel?

De Villiers-hulle glo duidelik die Bokke moet op hul sterkpunte fokus. Die oorwinnings oor Ierland en Engeland was vanjaar die Suid-Afrikaners se beste vertonings en is met tradisionele “tref en trap”-Bokrugby vermag.

Die Bokke het oor die jare heen hul eie standaard gestel met Wêreldbeker- en Drienasies-titels. Daarvolgens moet Suid-Afrikaners dié span teen die heel beste meet – en dit is Nieu-Seeland.

Ongelukkig was Suid-Afrika in 2010 veel swakker as Nieu-Seeland en die uurglas loop leeg om dié toedrag van sake te verander voor ’n Wêreldbeker-toernooi wat ín Nieu-Seeland gespeel word.

Ondersteuners hoop De Villiers is reg: 2010 was ’n jaar vir lesse leer. Want in 2011 is “skooltyd” verby.

Ervare spelers soos Victor Matfield, John Smit, Smith, Jean de Villiers en Bryan Habana moet natuurlik net soveel skuld kry vir 2010 se gesukkel, want hulle is die spelers wat meesal die lof kry as dit voor die wind gaan.

Dit was ook ’n jaar waarin Smit en Matfield met reg erken is as van die grootstes wat die Bok-trui gedra het, maar ongelukkig het die vonkelwyn soos asyn gesmaak.

’n Paar nuwe sterre het darem ook die Suid-Afrikaanse rugby-hemelruim verlig.

Die vertonings van onder andere Flip van der Merwe, Willem Alberts, Francois Hougaard, Patrick Lambie en Lwazi Mvovo was die silwer randjie om ’n donker wolk en gee ondersteuners hoop.

Die Bokke dra 2010 se brandmerk, maar daar ís nog redes waarom hulle weer die Wêreldbeker kan wen.

- Volg Nuus24 Sport op Twitter.

Lees meer oor: rugby  |  springbokke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Dante sê... Ek moet darem vir die Stormers n lansie breek. Jy sal opmerk dat al die spanne hul spelpatroon drasties wysig wanneer hulle teen die Stormers speel. Almal (selfs die Crusaders) het skoptaktiek gebruik toe hulle teen ons speel. Dit dwing die Stormers om die veilige opsie te neem en die wedstryde "versigtig" af te sluit. Ons speel ook geweldig baie 7-uur wedstryde en die veld is gevolglik baie nat. Glo my, die Stormers gaan, wanneer hulle teen die bulletjies op n droë Loftus speel, baie hardloop. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.