Springbokke bly derde op ranglys
2010-12-01 07:47
Dublin. – Ierland se rugbyspan het twee posisies op die Internasionale Rugbyraad (IRR) se wêreldranglys geklim nadat hy Argentinië Sondag met 29-9 geklop het.
Die Iere het verby Frankryk, wat Saterdagaand met 16-59 teen Australië verloor het, en Skotland, wat Samoa met 19-16 geklop het, geskuif.
Nieu-Seeland het die jaar as die voorste span afgesluit nadat hy die Grand Slam by sy Drienasies-kroon gevoeg het.
Die All Blacks het net een toets, teen die Wallabies in Hongkong, verloor.
Suid-Afrika, wat Engeland Saterdag op Twickenham met 21-11 geklop het, bly derde omdat die Wallabies met die Hane afgereken het. Dit beteken dat die boonste drie posisies deur drie spanne van die Suidelike Halfrond gevul word.
Engeland behou, ondanks sy nederlaag teen die Springbokke, sy vierde posisie.
Die Poemas, wat net een van hul drie toetse op hul Europese toer gewen het, het net voor Wallis in die agtste plek gebly.
Die ranglys vir 2010 lyk só (vorige posisie tussen hakies):
1. (1) Nieu-Seeland (93.19 punte).
2. (2) Australië 87.45.
3. (3) Suid-Afrika 86.44.
4. (4) Engeland 82.48.
5. (7) Ierland 81.79.
6. (5) Frankryk 81.66.
7. (6) Skotland 81.20.
8. (8) Argentinië 78.97.
9. (9) Wallis 77.04.
10. (10) Fidji 74.05.
11 (11). Samoa 74.07.
12 (12). Italië 73.31.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
– IRB