Springbok-twis eis Botha

2010-09-08 06:31
Tweets Share Share line Print

Pretoria – ’n Nuwe rugby­twis tussen provinsies oor die beskikbaarheid aldan nie van gekontrakteerde Springbokke vir die res van die Curriebeker-seisoen het gister losgebars, en SA Rugby geen keuse gelaat nie as om dié spelers aan die reeks te onttrek.

Dié twis volg nadat die Bok-bestuur op 7 Mei op ’n vergadering met unies ooreengekom het dat al die gekontrakteerde spelers ná die Drienasies-reeks nie in wedstryde sal speel nie.

Spelers soos Bismarck du Plessis en Adrian Jacobs is egter weens beserings nog glad nie vir die Bokke oorweeg nie, hoewel Du Plessis al die afgelope maand of wat vir die Haaie in die Curriebeker-reeks uitgedraf het.

Jacobs het pas weer begin speel.

Bakkies Botha, wat maar twee Super14-wedstryde en drie toetse gespeel het, sou ook ná ’n skorsing van nege weke Saterdag tot die veld terugkeer.

Sport24 kan vandag onthul dat die Westelike Provinsie, Vrystaat en die Haaie erg beswaar aangeteken het teen die insluiting van enige gekontrakteerde Bokke vir dié naweek se Curriebeker-rugby.

Veral Botha se insluiting by die Blou Bulle het die meeste reaksie ontlok.

Die Blou Bulle moes Botha toe onttrek aan die span wat Saterdag in Bloemfontein teen die Vrystaat speel.

Die Bulle se voorspeler-afrigter, Johann van Graan, het gesê Botha is gister meegedeel dat hy nie kan speel nie.

 “Bakkies was baie teleurgesteld. Hy het die laaste nege weke baie hard aan sy kondisionering gewerk en was gretig om op die veld te kom.”

Die unie gaan egter nie sy belofte verbreek dat Gurthrö Steenkamp vir die volgende maand aan die Curriebeker-reeks onttrek gaan word nie.

Steenkamp het nie ’n Springbok-kontrak nie, maar het die hele Super14 en in feitlik al die Bok-toetse vanjaar gespeel.

Botha (Blou Bulle), Jacobs (Haaie) en Ricky Januarie (WP) gaan dus nié die volgende paar weke broodnodige wedstrydoefening kry nadat hulle skaars dié seisoen gespeel het nie.Ook CJ van der Linde, wat net vir die Curriebeker-reeks gekontrakteer is, gaan weinig waarde vir die Cheetahs hê.

Dit steek ook ’n ernstige stok in die wiel van die nasionale afrigter, Peter de Villiers, se planne vir die Springbokke se toer na Ierland en die Verenigde Koninkryk.

Die Bokke vertrek op ’n Grand Slam-toer en speel in November toetse teen Ierland, Skotland, Wallis en Engeland én in ’n wedstryd teen die Britse Barbarians.

Die getal wedstryde en minute op die veld wat sekere senior spelers, onder wie John Smit, Victor Matfield, Pierre Spies en Morné Steyn, vanjaar reeds gespeel het, het De Villiers verlede week laat erken dat dié spelers heeltemal te veel rugby gespeel het.

’n Ruskans en waardevolle kondisionering vir hulle is noodsaaklik, maar so ook was speeltyd vir spelers soos Botha, Jacobs, Januarie en selfs Du Plessis en Beast Mtawarira.

Lede in die Bok-bestuurspan is glo erg omgekrap oor dié toedrag van sake.

Die ommeswaai oor sekere spelers en die realiteit dat moeë spelers (soos Steenkamp) mág speel en uitgeruste spelers (Jacobs en Botha) nié, laat die hele kondisioneringsprogram soos ’n grap lyk, word gesê.

Die Bok-bestuurslede is veral ongelukkig omdat hulle geen sê in die verband het nie, maar soos die skuldiges en onbeholpe lyk.

Die groep wat tot 6 Oktober nie sal speel nie, is: Victor Matfield, Danie Rossouw, Bakkies Botha, Wynand Olivier, Morné Steyn, Fourie du Preez, Pierre Spies (almal Blou Bulle), John Smit, Bismarck du Plessis, Tendai Mtawarira, JP Pietersen, Adrian Jacobs (Haaie), Jaque­ Fourie, Schalk Burger, , Bryan Habana, Ricky Januarie, Andries Bekker (almal Westelike Provinsie), Juan Smith, Heinrich Brüssow en CJ van der Linde (almal Vrystaat-Cheetahs).

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

Sport24 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.