Springbok-oefengroep vir WB aangekondig
2011-04-20 12:49
Kaapstad - ‘n Voorlopige groep van 51 spelers is aangekondig wat Suid-Afrika by vanjaar se Rugby-wêreldbeker sal verteenwoordig.
Die groep is in Wellington buite Kaapstad bekendgemaak en sal ‘n beplanningsessie op 1 Mei in Kaapstad bywoon.
‘n Tweede sessie sal in Durban op 11 en 12 Junie plaasvind voor ‘n derde sessie in Johannesburg op 19 en 20 Junie sal plaasvind.
Die Bok-breier Pieter de Villiers sal die span se kaptein op 2 Mei aankondig voor hy sy finale groep op 23 Augustus bekendmaak.
Die Rugby-wêreldbeker skop 9 September in Nieu-Seeland af en die Bokke sal in hul eerste kragmeting teen Wallis te staan kom.
Die Wes-Kaapse senior professionele afrigter, Rassie Erasmus, sal deel wees van die bestuurspan tydens Rugby se grootste skouspel.
Die Springbok-groep is:
Willem Alberts, Gio Aplon, Bjorn Basson, Andries Bekker, Bakkies Botha, Heinrich Brüssow, Schalk Burger, Keegan Daniel, Juan de Jongh, Jean de Villiers, Bismarck du Plessis, Jannie du Plessis, Fourie du Preez, Jaque Fourie, Peter Grant, Bryan Habana, Alistair Hargreaves, Francois Hougaard, Adi Jacobs, Elton Jantjies, Ricky Januarie, Ryan Kankowski, Zane Kirchner, Werner Kruger, Pat Lambie, Francois Louw, Bandise Maku, Lionel Mapoe, Victor Matfield, Charl McLeod, Tendai Mtawarira, Waylon Murray, Lwazi Mvovo, Odwa Ndungane, Wynand Olivier, Coenie Oosthuizen, JP Pietersen, Dewaldt Potgieter, Sarel Pretorius, Chiliboy Ralepelle, Danie Rossouw, John Smit, Juan Smith, Pierre Spies, Gurthrö Steenkamp, Deon Stegmann, Morné Steyn, Adriaan Strauss, CJ van der Linde, Flip van der Merwe, Duane Vermeulen.
Volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA