Sportminister: 'Kwotas werk nie'
2010-11-11 15:07
Johannesburg – Suid-Afrika se nuwe sportminister, Fikile Mbalula, het Vrydag tydens 'n perskonferensie gesê die kwotastelsel in sport werk nie.
“Ons moet die hele stelsel hersien om te kyk wat vir ons werk,” het Mbalula tydens die voorlegging vir sy eerste termyn as minister van sport aan joernaliste by die Nasionale Persklub in Sandton gesê.
'n Deel van Mbalula se voorlegging vir die ministerie van sport en ontspanning is om “opnuut” na transformasie te kyk.
“Kwotas werk nie…sport moet nie bloot verteenwoordigend van alle rasse wees nie. Spanne moet ook mededingend wees," het hy gesê.
Hy het netbal as 'n voorbeeld genoem waar die kwotastelsel op provinsiale vlak toegepas word. En die nasionale span dan op meriete gekies word.
Mbalula het gesê die herlewing van sport in skole is ook hoog op die ministerie se prioriteitslys vir die volgende termyn.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24