Spies lei nou die Bulls
2011-11-16 13:48
Kaapstad – Die Blou Bulle-rugbyunie het aangekondig die Springbok-agsteman Pierre Spies sal die span se kaptein vir die komende seisoen wees.
Spies sal by Victor Matfield oorneem na dié se uittrede na die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die senter Wynand Olivier sal as Spies se onderkaptein optree.
In ‘n verklaring op die span se webblad het Spies gesê hy voel geëerd, maar die kapteinskap het hom nie verras nie.
“Ek het geweet ek kan gevra word om die span te lei na Victor se uittrede,” het hy gesê. “Ek is gelukkig om in my loopbaan onder baie uitstekende kapteins te gespeel het en ek het baie by hulle geleer.”
– Sport24
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.