Só lyk Kings-span vir stryd teen Cheetahs
2012-10-16 17:55
Kaapstad – Die senter Wayne Stevens sal Vrydag die EP Kings aanvoer in die span se eerste promosie-relegasie-wedstryd teen die Cheetahs in Bloemfontein, berig rugby365.com.
Stevens neem die kapteinskap oor by die beseerde slot Darron Nell, wat ingestaan het vir die span se kaptein, Luke Watson, in die eindstryd van eerste divisie van die Curriebeker-reeks teen die Pumas verlede week.
Nell word vervang deur David Bullbring, in een van vier veranderings wat aan verlede week se beginspan gemaak is.
Die vasskopstut Schalk Ferreira het verlede week teen die Pumas 'n stamp teen die kop gekry en word in die voorry vervang deur die ervare Jaco Engels.
Tiger Mangweni word op binnesenter deur Shane Gates vervang.
Die span is:
SP Marais, Paul Perez, Wayne Stevens (kaptein), Shane Gates, Marcello Sampson, Wesley Dunlop, Falie Oelschig, Cornell Du Preez, Wimpie van der Walt, Devin Oosthuizen, David Bullbring, Reynier Bernardo, Clint Newland, Hannes Franklin, Jaco Engels.
Plaasvervangers: Frank Herne, Andre Schlechter, Wayne van Heerden, Mpho Mbiyozo, Scott Mathie, George Whitehead, Michael Killian.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24Sport op Twitter