Snyman op senter teen Pumas

2011-10-05 08:01
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Week se rus weens ’n ligte liesbesering het nie teen die binnesenter Philip Snyman getel nie.

Snyman is Dinsdag deur die Vrystaat as een van drie veranderings aan sy beginspan vir Vrydag se Curriebeker-rugbykragmeting met die Pumas in Witbank ingesluit.

Die losskakel Sias Ebersohn en vaskopstut WP Nel vervang, soos verwag, onderskeidelik die beseerde Johan Goosen (harsingskudding) en Coenie Oosthuizen (nek).

Hoewel Snyman nog Donderdag by die kapteinsoefening ’n fiksheidstoets moet slaag, is hy voorlopig in Andries Strauss se plek ingesluit.

Nadat Corné Uys hom by sy Engelse klubspan, die Newcastle Falcons, aangesluit het, het Snyman in Strauss se afwesigheid gewys waarom hy waarskynlik lankal senter moes speel.

Die 24-jarige Snyman moes die afgelope twee jaar danksy ’n oormaat senters en ’n tekort aan vleuels meestal vleuel speel.

Strauss was lank weens ’n enkelbesering buite aksie en moes vanweë Snyman se goeie peil ná sy terugkeer as plaasvervanger tevrede wees. Strauss was teen die Haaie en Westelike Provinsie op die bank en sou aanvanklik Saterdag teen die Leeus ook ’n plaasvervanger gewees het.

Hy is verlede Vrydag eers in die beginspan ingesluit nadat Snyman hom by die kapteinsoefening moes onttrek.

Volgens Naka Drotské, die Vrystaat-afrigter, speel albei senters goeie rugby.

“Daar is min tussen hulle te kies. Andries het Saterdag teen die Leeus goed gespeel. Boonop kom Philip van ’n besering terug en daarom is dit beter om Andries op die bank te hê.

“As Philip seerkry, kan Andries altyd opkom. Maar as Andries begin en Philip moet opkom en kry weer seer, dan het ons ’n probleem,” sê hy.

As Snyman hom wéér onttrek, sal Strauss binnesenter speel en die bank verander. Volgens Drotské sal Philip Burger of die o.21-heelagter Nico Scheepers dan ’n plaasvervanger wees.

Die Pumas-stryd sal ook die eerste keer in langer as ’n maand wees wat die Vrystaat-tweeling, Sias en Robert Ebersohn, saam in die beginspan is. Hulle het laas op 27 Augustus teen die Griekwas saam uitgedraf.

Goosen het die eerste keer teen die Luiperds begin. Sedertdien het Sias hom nog in elke wedstryd vervang.

Intussen is besluit om Oosthuizen, wat Saterdag hier in die gelykop-uitslag van 25-elk teen die Leeus seergekry het, nie dadelik te opereer nie.

Hy sou straks al Dinsdag onder die mes gewees het. Volgens Ian Morris, die Vrystaat-spandokter, sal eers gekyk word hoe die Springbok-stut in die volgende twee weke op behandeling reageer voordat ’n verdere besluit geneem word.

Die Vrystaat-span is:

Hennie Daniller, Rayno Benjamin, Robert Ebersohn, Philip Snyman, Cameron Jacobs, Sias Ebersohn, Pieter van Zyl, Ashley Johnson, Philip van der Walt, Lappies Labuschagné, Izak van der Westhuizen, Francois Uys, WP Nel, Adriaan Strauss (k), Marcel van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Hercu Liebenberg, Trevor Nyakane, Wilhelm Steenkamp, Boom Prinsloo, Tewis de Bruyn, Riaan Smit, Andries Strauss.

Pieter Jordaan berig dat die Pumas ’n slotkrisis het en dat hulle die Vrystaat-Cheetahs met die flank JP Mostert as slot aandurf, aangesien drie slotte, Marius Coetzer, Boela Serfontein en Rudi Mathee, nie beskikbaar is nie.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.