Smit vier Bok-dekade

2010-06-23 09:50
Tweets Share Share line Print

Oos-Londen - Dis op die oog af bloot ’n roetine-sege oor Italië wat vandeesweek op die Springbok-rugbyspan wag, maar vir hul kaptein, John Smit, het dié kragmeting spesiale betekenis.

Smit het ’n dekade gelede juis hier sy toetsbuiging vir Suid-Afrika teen Kanada gemaak en hy kon gister sy sentimentele oomblik by die aankondiging van die Bok-span vir Saterdag se tweede toets in die Buffalo City-stadion vergewe word.


“Die herinneringe het teruggekom toe ek Sondag hier aangekom het. Ek is hier onder by die trappe in dié hotel as Bok ontgroen ná my eerste toets. Ek het my eerste lynstaan-ingooi in daardie wedstryd verbrou! Dis moeilik om te glo dat dit al ’n dekade later is,” sê Smit.

Nick Mallett, wat nou Italië se span afrig, het Smit sy toetsbuiging as plaasvervanger laat maak.

Die kaptein wis nietemin niks van die stukkie statistiek dat ’n sege oor Italië sy 50ste oorwinning as kaptein van die Bokke sal wees nie.

Met Victor Matfield wat vandeesweek rus, sal Smit ook die alleenhouer van die rekord vir die meeste toetse vir ’n Bok-voorspeler word. Smit speel Saterdag in sy 96ste toets.

Dis egter nie waar sy fokus vandeesweek is nie. Hy het die naweek se sege van 29-13 met ’n dyspierbesering op sy rusbank dopgehou en hoop om Saterdag aan die spits van ’n beter spanpoging te staan.

“Ons kan die hele week praat oor wat ons wil bereik, maar alles hang af van hoe ons oefen. Gister was goed en vandag nóg beter. Hopelik kan ons daardie ingesteldheid na Saterdag se toets neem,” sê Smit.

Hoe motiveer jy jou om teen ’n span te speel wat jy voor jou siel weet nie in jou liga is nie?

“Die geheim is om nie so daarna te kyk nie,” sê die Bok-kaptein.

“Dis belangrik om net te konsentreer op wat ons goed wil doen en wat verlede week verkeerd was reg te stel. Ons moet eenvoudig in elke afdeling goed vaar.”

Die Bokke se vaskopstut, Jannie du Plessis, meen die span sal baie baat vind by Smit se terugkeer.

“John het die kuns vervolmaak om die span vir ’n groot uitdaging oorgehaal te kry. Hy het sommer onmiddellik ná Maandag se oefensessie sy vinger gelê op wat verkeerd was en wat reggestel moet word,” sê Du Plessis.

“Hy was al vantevore in hierdie situasies en weet waaraan ons moet werk. Dis ’n groot bonus vir die span om hom terug te hê.”
Smit vervang Chiliboy Ralepelle op haker in een van sewe veranderinge aan die span wat die Azzurri in Witbank geklop het.

Andries Bekker begin in Matfield se plek op slot, terwyl Schalk Burger van ’n enkelbesering herstel het en in Dewald Potgieter se plek speel.

Juan de Jongh en Jaque Fourie is die senters in Butch James en Jean de Villiers se plek.

De Villiers skuif regtevleuel toe, met Gio Aplon wat ten koste van Zane Kirchner die nr.15-trui gaan dra.

“Ons wil sien hoe Gio op heelagter vaar, so moet seker maak dat daar ervaring en lengte op die vleuels is om die lewe vir hom makliker te maak,” sê die Bok-breier, Peter de Villiers.

Die Springbok-span is: Gio Aplon, Jean de Villiers, Jaque Fourie, Juan de Jongh, Bryan Habana, Morné Steyn, Ricky Januarie, Pierre Spies, Francois Louw, Schalk Burger, Andries Bekker, Bakkies Botha, Jannie du Plessis, John Smit (k), Gurthrö Steenkamp.
 
PLAASVERVANGERS: Chiliboy Ralepelle, BJ Botha, Danie Rossouw, Dewald Potgieter, Ruan Pienaar, Butch James, Wynand Olivier.
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: rugby  |  springbokke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.