Smit kies Schalk om hom as Bok-kaptein op te volg

2012-01-10 08:07
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch – Die Stormers se leier, Schalk Burger, is die regte man om as Springbok-kaptein by hom oor te neem.

Dít was gister die boodskap van John Smit toe hy by die opening van Saracens se Field of Dreams hier in Kayamandi oor die kwessie van die aanstelling van ’n nuwe kaptein gepols is.

“Ek was in 2008 al by die gesprekke oor ’n opvolger betrokke. Daar sal miskien ’n jong speler wees wat goed vaar en die kapteinskap kry, maar my geld is op Schalk,” het Smit gesê.

“Hy is die ou met die meeste ervaring en die een wat die meeste gesag afdwing onder die ouens in die Bok-opset. Dit sal die maklikste oorgang wees.

“Hy’s ’n harde werker, rateltaai en verstaan mense.

Die sleutel om die kaptein te wees, is nie net om die ouens in die Stormers-kamp te verstaan nie, maar dié van ál die provinsies.”

Smit het bygevoeg dat die aanstelling van ’n nuwe kaptein baie van die afrigter kan afhang.

“Die nuwe afrigter sal ’n kaptein wil hê met wie hy gemaklik is. Dit hang af watter soort leier hy wil hê.

Hy sal dalk iets anders met die Bokke wil doen en dit kan ’n ander benadering verg.”

Daar bestaan ’n opvatting oor Burger dat hy soms loskop op die veld is, maar Smit meen dis nie meer die geval nie.

“Ons ken albei vir Schalk goed en geniet hom. Dis seker so dat hy so drie jaar gelede nog ’n bietjie loskop was, en hy sal dit seker self te kenne gee.

Ek dink egter daar is sedert sy aanstelling as kaptein van die Stormers ’n groot verandering.”

Smit wou hom nie uitlaat oor wie as die nuwe Springbok-afrigter aangestel moet word nie.

“Ek is redelik seker daardie besluit is lankal geneem.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) is slim deur dit nog nie aan te kondig nie, veral omdat daar oor die jare soveel kritiek oor impulsiewe besluitneming op hom gerig is,” het Smit gesê.

“My mening oor die kwessie is irrelevant omdat die besluit reeds geneem is.”

Ondanks die besluit van etlike veterane om hul loopbane buite Suid-Afrika voort te sit, meen Smit dis ’n goeie tyd om die Bokke af te rig.

“Daar is ongelooflik baie talent om mee te werk, veral as jy kyk na hoeveel spelers oor die laaste 18 maande na vore getree het,” het Smit gesê.

“Dis ’n moeilike pos om te beklee, maar ’n baie opwindende een.

Die teleurstelling van die nederlaag in die kwarteindronde van die Wêreldbeker-toernooi is nog daar en baie talent tot die nuwe afrigter se beskikking.”

Smit, wat gister saam met kinders van Kayamandi op hul splinternuwe sportveld gespeel het, geniet die relatiewe anonimiteit as speler in Engeland.

“Ek het my vrou onlangs vir ete uitgeneem en niemand het omgegee nie. Ek is vir ’n hele drie ure nie deur enigiemand genader nie!”

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.