Smit is nie ‘vet, onfiks’

2010-08-17 07:47
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die Springbokke is nié vet, onfiks en stadig nie. En die span se kaptein, John Smit, weeg nie meer as in vorige jare nie en speel trouens, soos die res van sy span, met ’n 16% hoër intensiteit as toe die seisoen teen Wallis so ’n raps meer as twee maande gelede afgeskop het.

Só sê die Springbokke se kondisioneringsafrigter, Neels Liebel, nadat heelwat kritiek in die afgelope weke oor die span se skynbare fiksheidsvlakke en kondisionering uitgespreek is.

Liebel het gister die media te woord gestaan om sy kant van die saak te stel en gesê daar is ’n plan om seker te maak senior Bokke het nog volgende seisoen genoeg woema as die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland gespeel word.

“Die spelers word daagliks gemonitor. Ons het vanjaar ’n nuwe kondisioneringsapparaat aangeskaf wat met satelliet-navigasie werk en dit vertel ons presies hoeveel spelers hardloop en wanneer dit nodig is om hulle te laat rus. Dit word wetenskaplik gedoen en daar word nie geraai nie. Ons het ’n plan en volg dit,” het Liebel gesê in ’n dwarsklap na kritici soos die sportwetekenskaplike dr. Tim Noakes.

Volgens Liebel is sommige Springbokke wel naby aan die maksimum- getal minute wat hulle per seisoen kan speel.

 “Ons probeer om nie spelers meer as 1 600-1 800 minute per seisoen te laat speel nie. Van die ouens het, omdat ons twee spanne in die Super14-eindstryd gehad het, al soveel soos 1200 minute gespeel nog voordat hulle by die Springbokke aangekom het. Dit beteken dus dat ons hulle moet laat rus wanneer ons kan. Julle sal sien sekere spelers is party dae langs die kantlyn. Dit is wanneer die statistieke wys hulle kort rus.”

Hy erken dat die nuwe reëls by veral die afbreekpunte ’n aanpassing van die kondisioneringspan verg.

“Vanjaar is die bal beslis meer in spel, wat beteken dat die ouens meer hardloop. Ons het byvoorbeeld gevind dat die span nou 16% meer hardloop as toe ons die seisoen teen Wallis begin het.”

Dit staaf ook die Bok-breier, Peter de Villiers, se stelling dat rugby in die Noordelike Halfrond stadiger is.

“Dit word nie gesê om iemand te beledig nie. Dinge soos weersomstandighede dwing hulle om meer ’n voorspelergedrewe spel te speel, met baie van die aksie wat naby die afbreekpunte en losskrums plaasvind. Ons moes ekstra werk insit met die ouens wat van oorsese klubs hier aangekom het.”

Liebel het dit duidelik gestel dat daar geen fout met Smit se kondisionering of fiksheid is nie. “Ek is baie tevrede met hom. Daar is nie probleme met sy fiksheid of vetmassa nie. Hy is self iemand wat nou met 12% meer intensiteit speel as teen Wallis. Dit wys ons program werk.”

Hy meen ook iemand soos Ricky Januarie is noú reg om toetsrugby te speel, ’n verstommende erkenning dat hy nie fiks genoeg was vir die eerste ses toetse van die seisoen nie.

“Ons het die laaste paar weke goed met hom gewerk en ek dink hy is nou reg vir daardie vlak,” het Liebel gesê.

Die ironie is dat Francois Hougaard geoormerk is om in die volgende drie toetse skrumskakel te speel en dat Januarie dus weer, soos in die Super14-reeks, baie tyd op die plaasvervang­ersbank sal deurbring.

Zane Kirchner sal nie vir Saterdag se toets oorweeg word nie weens ’n besering aan sy linkerknie.

Danie Rossouw (heup) en Dewald Potgieter (nek) het ook nog gister behandeling vir hul onderskeie beserings ontvang.

- Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: rugby  |  springbokke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
41 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Dante sê... Ek moet darem vir die Stormers n lansie breek. Jy sal opmerk dat al die spanne hul spelpatroon drasties wysig wanneer hulle teen die Stormers speel. Almal (selfs die Crusaders) het skoptaktiek gebruik toe hulle teen ons speel. Dit dwing die Stormers om die veilige opsie te neem en die wedstryde "versigtig" af te sluit. Ons speel ook geweldig baie 7-uur wedstryde en die veld is gevolglik baie nat. Glo my, die Stormers gaan, wanneer hulle teen die bulletjies op n droë Loftus speel, baie hardloop. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.