Smit: 'Bokke sal Joost bystaan'
2011-07-29 12:09
Wellington – Die Springbok-kaptein John Smit het gesê die Bokke sal Joost van der Westhuizen, wat aan 'n fatale motorneuronsiekte ly, met hulp bystaan.
Amiotrofiese laterale sklerose (ALS) is onlangs deur 'n spesialis in Amerika by Van der Westhuizen, wat in 89 toetse vir Suid-Afrika gespeel het, gediagnoseer.
Volgens die Dominion Post het Smit Vrydag aan joernaliste in Wellington gesê die Springbokke sal alles doen om Van der Westuizen te help.
"Dit is tragies vir 'n ou van sy statuur. Ek is in kontak met Joost en dit is hartseer om te dink oor wat hy was en wat hy nou gaan word," het Smit gesê.
"Ek het 'n paar weke gelede met hom gepraat en jy kan reeds sien hoe hy agteruitgaan. Dit is traumaties vir so 'n persoon, 'n jong pa. Ons sal doen wat ons kan wanneer ons terug is in Suid-Afrika, om hom te ondersteun."
Volg Nuus24 op Twitter.
– Sport24