Slag tref Engeland voor PE-afskop
2012-06-22 12:46
Port Elizabeth – Engeland se loskopstut Alex Corbisiero moes op laat kennisgewing weens 'n kniebesering uit die derde en laaste toets teen die Springbokke in Port Elizabeth onttrek.
Die 23-jarige Corbrisiero het dadelik 'n impak gemaak toe hy van die plaasvervangerbank gekom het in die Engelse se 36-27 nederlaag teen die Bokke op Cocacola-park en is beloon met 'n plek in die beginspan vir die laaste toets.
Corbisiero sal deur Joe Marler vervang word met Paul Doran Jones wat op die plaasvervangersbank gekies is.
"Alex het vroeër die week goed geoefen, maar sy knie het die laaste 24 uur begin moeilikheid gee," het die Rose se breier, Stuart Lancaster, Vrydag in 'n verklaring gesê.
Afskoptyd Saterdag is 17:00.
So lyk die spanne:
Suid-Afrika:
15 Gio Aplon, 14 JP Pietersen, 13 Jean de Villiers (kaptein), 12 Wynand Olivier, 11 Bryan Habana, 10 Morne Steyn, 9 Francois Hougaard, 8 Pierre Spies, 7 Jacques Potgieter, 6 Marcell Coetzee, 5 Juandre Kruger, 4 Eben Etzebeth, 3 Jannie du Plessis, 2 Bismarck du Plessis, 1 Tendai Mtwarira
Plaasvervangers: 16 Adriaan Strauss, 17 Werner Kruger, 18 Flip van der Merwe, 19 Ryan Kankowski, 20 Ruan Pienaar, 21 Elton Jantjies, 22 Bjorn Basson
Engeland:
15 Alex Goode, 14 Chris Ashton, 13 Jonathan Joseph, 12 Manu Tuilagi, 11 Ben Foden, 10 Toby Flood, 9 Danny Care, 8 Thomas Waldrom, 7 James Haskell, 6 Tom Johnson, 5 Geoff Parling, 4 Tom Palmer, 3 Dan Cole, 2 Dylan Hartley (kaptein), 1 Joe Marler
Plaasvervangers: 16 Lee Mears, 17 Paul Doran Jones, 18 Mouritz Botha, 19 Phil Dowson, 20 Lee Dickson, 21 Owen Farrell, 22 Brad Barritt
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.