Skotland nie meer in wêreld se top-10
2012-02-06 20:01
Dublin – Skotland tel ná die naweek se sesnasies-nederlaag teen Engeland op Murrayfield nie meer onder die wêreld se top-10 rugbylande nie.
Die nederlaag van 13-6 het Skotland tot die 11de posisie laat terugskuif. Hulle het plekke met Samoa geruil. Die jongste ranglys van die Internasionale Rugbyraad (IRR) is Maandag gepubliseer.
Engeland is steeds vyfde, maar Wallis het met twee plekke opbeweeg tot in die sesde plek ná hul dramatiese oorwinning met 23-21 oor Ierland Sondag, met die Iere wat tot die agtste plek afgeskuif het.
Die wêreldbeker-finaliste Frankryk, wat hul sesnasies-veldtog afgeskop het met ‘n oorwinning oor Italië, bly in die derde plek, ná Nieu-Seeland (eerste) en Australië (tweede).
Die ranglys (met verlede week se posisie en puntestand by) is:
1 (1) Nieu-Seeland 91.43
2 (2) Australië 87.99
3 (3) Frankryk 84.70
4 (4) Suid-Afrika 84.34
5 (5) Engeland 82.34
6 (8) Wallis 81.01
7 (7) Argentinië 80.28
8 (6) Ierland 79.25
9 (9) Tonga 76.63
10 (11) Samoa 75.81
11 (10) Skotland 75.44
12 (12) Italië 73.99
- AFP