Skotland kies Crusader-blits
2013-01-15 13:43
Christchurch – Die voormalige vleuel van die Crusaders, Sean Maitland, is Dinsdag by Skotland se oefengroep vir die opkomende Sesnasies-reeks ingesluit.
Die 24-jarige kwalifiseer om dadelik vir die nasionale span te speel omdat sy ouma en oupa albei in Glasgow gebore is.
Maitland het verlede jaar in Oktober by die klubspan Glasgow Warriors aangesluit.
Hy is een 10 nuwelinge in die groep van 35 spelers wat Sondag in Glasgow bymekaarkom vir 'n oefenkamp.
Skotland het verlede jaar al vyf sy Sesnasies-wedstryde verloor en het ook teen Tonga in November vasgeval, wat meegebring het dat die afrigter, Andy Robinson, sy bedanking aangekondig het.
Skotland-groep:
Voorspelers:
Alasdair Dickinson, Ryan Grant, Dougie
Hall, Pat MacArthur, Ross Ford, Euan Murray, Geoff Cross, Moray Low,
Alastair Kellock, Richie Gray, Jim Hamilton, Grant Gilchrist, Kelly
Brown, Robert Harley, Ryan Wilson, Johnnie Beattie, David Denton, Richie
Vernon, Chris Fusaro.
Agterspelers:
Peter Murchie, Stuart Hogg, Sean Maitland,
Tommy Seymour, Sean Lamont, Tim Visser, Max Evans, Matt Scott, Alex
Dunbar, Peter Horne, Duncan Weir, Ruaridh Jackson, Tom Heathcote, Henry
Pyrgos, Sean Kennedy, Greig Laidlaw.
Lees verder.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Rugbyheaven