'Skotland kan Bokke wen'
2010-11-17 13:49
Edinburg - Skotland se hulpafrigter, Gregor Townsend, het Woensdag tydens 'n persverklaring gesê hy is oortuig dat die Springbokke op Murrayfield in Edinburg geklop kan word.
"Ons moet net rotsvas op die verdediging wees en ons kanse aangryp. Ons het Ierland én Argentinië vanjaar in wegwedstryde geklop," het Townsend gesê.
"Ons beskou die wedstryd teen die All Blacks as 'n tydelike terugslag (Nieu-Seeland het Saterdag met 49-3 op Murrayfield geseëvier) Hopelik het die spelers iets uit die nederlaag geleer," het hy gesê.
"Die eerste 10, 15 minute teen die Bokke gaan baie, baie, baie belangrik wees," het Townsend verduidelik.
Skotland kon nog net vier toetse teen Suid-Afrika wen. Hul laaste oorwinning was in 2002 toe hulle met 21-6 op Murrayfield geseëvier het.
Lees verder.
- Rugbyweek