Skolerugbyspeler geskors oor rassisme
2012-05-30 20:00
Pietermaritzburg – Die Voortrekker Hoërskool in KwaZulu-Natal het ‘n rugbyspeler geskors wat skuldig bevind is aan rassisme tydens ‘n eerstespan-wedstryd teen Pinetown Hoër Seunskool oor die naweek, as deel van ‘n gekombineerde poging om onsportiewe gedrag by hoërskool-rugbywedstryde te takel.
‘n Geveg het uitgebreek ná ‘n boorvat-voorval, waarop ‘n rassistiese belediging van ‘n agterlynspeler van Voortrekker gevolg het. Nadat bewyse hersien is en die skeidsregter in die wedstryd gekonsulteer is, het die skool die seun uit alle rugby geskors vir solank hy ‘n leerling by Voortrekker is.
“Voortrekker is al baie jare bekend vir die goeie, harde, skoon rugby wat ons speel en hierdie gedrag van afrigters, spelers en ouers sal nie geduld word nie,” het Jan Nel, skoolhoof, gesê.
Nel het ook beloof om seker te maak dat die skool met sy ondersteuners sal kommunikeer op ‘n voortdurende basis om te verseker dat verbale mishandeling van die kantlyn af, of dit op spelers of die skeidsregters en lynregters gemik is, nie sal voorkom nie.
- Volg Nuus24Sport op Twitter
- Sport24