Skolerugbyspan in die sop ná drinkery

2010-04-01 08:27
Tweets Share Share line Print

Malani Venter

Stellenbosch - Die o.15-rugbyspan van ’n hoërskool in Johannesburg is aan ’n groot rugbytoernooi in die Paarl onttrek nadat van die spanlede met drank in ’n koshuiskamer betrap is.

Lede van die rugbyspan van die Hoërskool Jeppe, sover bekend die oudste skool in Kensington, Johannesburg, is Maandagaand in die koshuis Werda van die Hoër Jongenskool (Boishaai) met drank betrap.

Die span – wat grotendeels uit gr. 9-leerders bestaan – het deelgeneem aan Boishaai se o.15-toernooi wat verlede Vrydag begin en gister geëindig het. Altesaam 12 skole het aan die toernooi deelgeneem.

Richard Visagie, adjunkhoof van Boishaai, het gister aan Die Burger gesê die koshuisvader het die spelers met drank in ’n kamer betrap en die voorval by die Hoërskool Jeppe se hoof, Anton Dempsey, aangemeld.

“Die hoof was glo briesend en het die span aan die toernooi onttrek. Hulle het die volgende dag na Johannesburg teruggekeer. Die skool sal die nodige tugstappe teen die betrokke leerders doen,” het Visagie gesê.

Hy het bygevoeg dit is ’n duur les wat die leerders geleer het en hy glo Dempsey het reg opgetree.

Dempsey het die voorval aan Die Burger bevestig, ook dat daar wel alkohol betrokke was.

“Daar gaan beslis dissiplinêr teen hulle opgetree word. Die besluit om die seuns aan die toernooi te onttrek, was maklik omdat die skool nie sulke nonsens duld nie,” het Dempsey gesê.

* Dié Gautengse seunskool het al verskeie bekende sportmanne soos James Dalton, gewese Springbok-haker, en Jake White, gewese Bok-breier, opgelewer.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: rugby  |  skole

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

neels.swart.7 sê... Ek glo jou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.