Sias grootste uitblinker vir Cheetahs
2010-01-24 03:19
Port Elizabeth – Die enigste pluspunt in die Cheetahs se opwarmingswedstryd teen die Oostelike Provinsie, Saterdag by die Nelson Mandela Bay Stadium in Port Elizabeth, was die vertoning van die skrumskakel Sias Ebersohn.
Met Jacques-Louis Potgieter se vertrek, lyk Ebersohn na ‘n moontlike plaasvervanger.
Die Oostelike Provinsie het die wedstryd 13-9 gewen.
Die Cheetahs sal nie te gelukkig met die wedstryd wees nie, omdat hulle oor twee weke teen die Blou Bulle, Super 14-kampioene van 2009 in Bloemfontein te staan gaan kom.
- Sapa