Shimlas baas in Kaap

2012-02-07 07:59
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein. – Hoe is daai vir wraak?

’n Begeesterde Lappies Labuschagné en sy Shimlas-troepe het Maandag in Kaapstad die tweede agtereenvolgende jaar ’n rugbysege oor die Varsitybeker-kam­pioene behaal.

Verlede jaar het hulle die Maties ook getroef.

Die Bloemfonteiners het die Ikeys Maandag met ’n reuse-telling van 38-10 geskok en vergoed vir die groot nederlaag wat hulle in 2011 se halfeindstryd op die einste veld gely het. Hul neuse is toe met 20-57 daar in die grond gevryf.

Maar dié keer het die Shimlas hul stem vroeg met ’n blitzkrieg van twee drieë in die eerste tien minute dik gemaak. Nadat hul skrumskakel, Kevin Luiters, en haker, PW van Vuuren, gedruk het, was hulle met 16-0 voor nog voordat jy kon sê Tigers.

Boonop was dit ook hul eerste sege oor die Kapenaars in dié reeks. En nie hoe nie, sommer met 28 punte in die Moederstad.

Die Shimlas se sterkste span in jare het nie teleurgestel nie en was van meet af aan, met hul kaptein, Labuschagné, aan die spits, lus vir inklim.

Luiters het in die derde minuut gedruk nadat sy vleuels, Nico Scheepers en Robbie van Schalkwyk, ’n beweging vanuit hul eie kwartgebied begin het.

Labuschagné het nie eens nodig gehad om ’n pienk broek te dra vir Naka Drotské, die Cheetahs-afrigter, om hom raak te sien nie. Hy is in Drotské se vergrote groep vir die Super-reeks.

Die flank het balle nes Heinrich Brüssow gegaps, gelak soos ’n masjien, gehardloop en was orals op die veld. Hy is as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Nie eens ’n geelkaart vir ’n onnodige kopstamp deur die Shimlas-slot Joubert Horn in die 20ste minuut was genoeg om die tuisspan te help nie.

Die Ikeys was met die rustyd reeds 5-18 agter en dit sou ’n spesiale poging verg.

Hoewel hulle beslis nie so geolie soos in 2011 gelyk het nie, het die Tigers meer as genoeg kanse gehad. Hanteerfoute het dikwels bewegings laat skipbreuk ly.

Die Kapenaars was dalk bietjie ongelukkig dat die TV-skeidsregter, JC Fortuin, nie vroeg in die tweede helfte ’n drie teen die een paal aan die plaasvervanger-stut, Francois van Wyk, toegeken het nie.

Die Shimlas-agtsteman, Fanie van der Walt, het ’n bonuspunt-drie in beseringstyd gedruk en só ’n pragvertoning afgerond.

Puntemakers: Shimlas: 38 (18). Drieë: Kevin Luiters, PW van Vuuren, Pieter Rademan, Fanie van der Walt. Doelskoppe: Nico Scheepers (4). Strafdoele: Scheepers (3).

Ikeys: 10 (5). Drieë: Dillyn Leyds, Francois van Wyk.

Die Kovsies se o.20-span het gister in ’n voorwedstryd ’n sege van 27-20 oor die Ikeys behaal.

In Maandagaand se ander Varsitybeker-wedstryde het Tukkies in Pretoria met 23-8 oor UJ geseëvier, die Maties klop TUT 52-2 in Stellenbosch en in Port Elizabeth was die Pukke met 26-16 baas oor die Madibaz. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

dawie.stegmann sê... Peter Div! Jy was aangestel om politiese redes, maar afgedank omdat Jy 'n verleentheid vir die hele SA se sportgemeenskap was. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.