Sharks vermorsel Boland
2012-02-10 23:02
Durban – Die Sharks het hul eerste voor-seisoen-wedstryd van die jaar Vrydag goed afgeskop met ‘n oorwinning van 62-0 oor Boland by die Kingspark-stadion.
Die Sharks het teen halftyd 21-0 voorgeloop en het tien drieë in die wedstryd gedruk.
Tot dusver was die Sharks hard aan die oefen en het hulle verlede week vir die eerste keer ‘n interne wedstryd gespeel.
Nietemin het hulle nie geroes gelyk toe die wedstryd afgeskop het nie, terwyl die besoekers van die begin af op die agtervoet was.
Puntemakers:
Sharks
Drieë: Riaan Viljoen, Bismarck du Plessis, JP Pietersen, Sibusiso Sithole, Lwazi Mvovo, Marcell Coetzee (2), Paul Jordaan, Lubabalo Mtembu (2)
Doelskoppe: Patrick Lambie (4), Meyer Bosman (2)
Boland
Rooikaart: Siviwe Magaba
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA