Sharks stel visier op SA'er in Frankryk
2010-01-19 21:09
Durban – In hul soektog na nóg ‘n losskakel is die Sharks tans besig om met Steve Meyer, wat vir die Franse klub Perpignan speel, te onderhandel.
Die Argentynse losskakel, Juan Hernandez, wat verlede jaar een van die Sharks se uitblinkers was, sal weens ‘n besering nie aan die Super 14-reeks kan deelneem nie.
Sodra onderhandelinge met Meyer en sy agent afgehandel is hoop die Sharks dat Meyer, wat vantevore vir die Sharks gespeel het, ‘n langtermyn oplossing vir hul losskakel penarie sal wees.
- Sapa