Sharks spartel teen Waratahs

2011-05-29 10:00
Tweets Share Share line Print

Durban - Dit was Saterdag hier in die Haaitenk ’n gespook en ’n gespartel van ’n ander wêreld, maar die Sharks het darem uiteindelik met 26-21 deurgeskraap teen die Waratahs in hul Super-wedstryd.

Kyk, as die Lions jou die dag ’n guns bewys, moet jy die beste daarvan maak.

Die Waratahs is egter nou maar net een van daardie spanne teen wie die Sharks altyd sukkel. Van die laaste tien wedstryde sedert 2002 tussen dié spanne, kon die Sharks nog net een wen.

Vir lang rukke het dit gister gelyk of dit maar weer dieselfde ou storie sou wees.

Tog het die Sharks diep gedelf in daardie laaste kwart van die wedstryd en 4 kosbare ligapunte verwerf, om op te skuif na die vyfde plek op die punteleer en die manne van Sydney verby te steek.

Gisteroggend het die Lions die Sharks ’n onverwagse guns bewys deur die Highlanders te klop.

Die wedstryd hier het teen ’n vinnige tempo begin, met die besoekers uit Sydney wat besit vir lang rukke beheer het.

Sommer vroeg-vroeg moes die Sharks keer vir al wat hulle werd was, toe die bossiekop-senter Ryan Cross die bal deurgeskop het, maar moes toesien hoe Conrad Hoffmann die bal net voor sy neus dooddruk.

Binne die eerste 20 minute was nie een van dié twee egter meer deel van die aksie nie.

Hoffmann is ná net 13 minute van die veld af met ’n elmboog-besering, terwyl Cross in die 22ste minuut sy knie sodanig beseer het dat hy ook nie verder kon deelneem nie.

Hy is in sy spore gestuit, sonder dat hy die bal gehad het, deur die senter Meyer Bosman.

Die Sharks-slot Steven Sykes, wat in sy 50ste Super-wedstryd gespeel het, is ook binne die eerste paar minute in die gesig geskop deur die Waratah-haker Tatafu Polota-Nau.

Dit het reg onder die neus van die assistent-skeidsregter, Stefan Breytenbach, gebeur, maar dié het hom blind gehou vir dié voorval.

Hy het wel gesien toe Jean Deysel in die tweede helfte vir die senter Tom Carter in ’n kopklem op die grond beetgekry het en dit hom tien minute in die koelkas gekos het.

Patrick Lambie het in die negende minuut vanaf ’n skrum net buite die ’Tahs se kwartgebied deurgebreek en die losskakel, Daniel Hafangahu, se halfhartige poging om hom vas te vat, afgeskud.

Hafangahu het in die plek van Berrick Barnes gespeel, wat nog met ligte harsingskudding gesukkel het en nie fiks verklaar is nie.

Hafangahu het egter kort voor rustyd vergoed vir daardie poeierkwas-verdediging van hom en die ’Tahs se drie aangevoer, deur 80 meter langs die steelkant rieme neer te lê voordat hy die bal vir die vleuel Lachie Turner gegee het om te druk.

Dit was nadat die Sharks sterk aangeval het, maar die bal enkele meter van die doellyn afgestaan het.

Halangahu was net ná rustyd weer die vlieg in die Sharks-salf toe hy deur uiters powere verdediging gesny het om te druk en sy span met 18-13 te laat voorloop.

Dit het 21-13 geword voordat ’n opportunistiese drie deur JP Pietersen, wat ’n losbal op sy tienmeterlyn opgetel het en hakskene gewys het vir die verdedigers, die Sharks weer hoop gegee het.

Die Sharks het met tien minute oor weer die voortou geneem danksy ’n Lambie-strafskop ná volgehoue druk.

Die plaasvervanger Atieli Pakalani kon net daarna nie daarin slaag om die Waratahs weer te laat voorloop nie, toe hy ’n rolskop binne die doelgebied aangeslaan het.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

- Sport24

Lees meer oor: rugby  |  waratahs  |  sport  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

dawie.stegmann sê... Peter Div! Jy was aangestel om politiese redes, maar afgedank omdat Jy 'n verleentheid vir die hele SA se sportgemeenskap was. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.