Sharks onttrek; OP teen Stormers in PE

2012-01-05 08:32
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die voorseisoense program van vier van Suid-Afrika se Superrugby-spanne het ’n onverwagse wending geneem met die Sharks se onttrekking aan die Neo Africa-reeks hier op Nuweland.

Brian van Zyl, uitvoerende hoof van die Sharks, het gister dié span se onttrekking bevestig. Hulle sal deur die Cheetahs in die reeks vervang word.

“Daar was kommer hier dat ons voorseisoense program oorwegend uit wegwedstryde sou bestaan as ons teen die Stormers en Lions in Kaapstad speel,” het Van Zyl gesê.

“Ons voel ook dat ons hekgeld sal kan kry as daar nog ’n wedstryd tuis gespeel word.”

Die Sharks is nou in die proses om ’n vriendskaplike wedstryd op 3 Februarie in hul agterplaas te reël.

’n Teenstander is nog nie vir daardie datum bevestig nie, maar die Sharks speel op 10 Februarie gasheer vir die Boland en het op 17 Februarie in Port Elizabeth ’n verpligtevriendskaplike wedstryd teen die OP-Kings

“Met die res van die program in gedagte, sou dit nie vir ons voordelig wees om nog in die Kaap ook te gaan speel nie,” volgens Van Zyl.

Hy het bygevoeg dat daar nie kontrakbreuk deur die Sharks gepleeg is nie.

“Ons het nooit enigiets onderteken nie en het die Westelike Provinsie betyds ingelig. Die situasie is al in Desember aan hom verduidelik.”

Die president van die Vrystaatse Rugbyunie, Lindsay Mould, het bevestig dat die Cheetahs in dié reeks sal speel.

“Ons afrigtingspan is opgewonde, want hulle kan die wedstryde as proewe aanwend.

“Die Cheetahs sal die Dinsdag (31 Januarie) teen die Lions en die Saterdag (4 Februarie) teen die Stormers speel.”

Die Stormers en Lions skop die toernooi op 27 Januarie af. Al die stryde word op Nuweland beslis.

Ander opwarmwedstryde op die Stormers se program is op 21 Januarie in Wellington teen die Boland en op 11 Februarie in die Baai teen die OP-Kings.

Sport24

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

Lees meer oor: sharks  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

dawie.stegmann sê... Peter Div! Jy was aangestel om politiese redes, maar afgedank omdat Jy 'n verleentheid vir die hele SA se sportgemeenskap was. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.