Sharks hou voet by stuk

2010-01-23 07:05
Tweets Share Share line Print

Christo Buchner

Johannesburg - Ondanks die toutrekkery oor sy dienste, is die losvoorspeler Willem Alberts in die Sharks se rugbygroep ingesluit vir die driehoekige voorseisoense toernooi teen die Stormers en die Western Force in Kaapstad.

Die Sharks beskou hom nou as een van hulle en steur hulle nie aan die Lions wat nog vasskop en daarop aandring dat hy moet terugkom Goudstad toe nie.

Die KwaZulu-Natallers gaan van die houding uit dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) nie jurisdiksie het oor die vriendskaplike wedstryde én Super14-reeks nie en dat dit heeltemal binne hul reg is om Alberts in te span.

Die Sharks neem 28 spelers Kaap toe vir Dinsdag se wedstryd teen die Force en Vrydag s’n teen die Stormers.

’n Oudspanmaat van Alberts by die Leeus, die slot Gerhard Mostert, is ook deel van ’n baie indrukwekkende groep voorspelers.

Agterlangs is die 19-jarige heelagter van die Sharks se o.21-span Patrick Lambie ook gekies. Hy sal as losskakel sy speelkans kry.

Veral voorlangs het die Sharks baie diepte in elke posisie.

Alberts kan as agtsteman én flank oorweeg word, terwyl daar ook nog Ryan Kankowski, Jean Deysel, Jacques Botes en Keegan Daniel is wat die lostrio kan uitmaak.

Mostert sal met die Springbokke Johann Muller en Alistair Hargreaves, asook Steven Sykes, moet meeding om ’n plek in die middel van die skrum.

Geen span in die Super14-reeks kan spog met hakers van die gehalte van Bismarck du Plessis, John Smit en Craig Burden nie. Dit is egter agterlangs waar John Plumtree (hoofafrigter) en sy nuwe regterhand, Hugh Reece-Edwards, vinnig sal moet raakvat.

Die sleutel-posisie van losskakel is ’n kopseer, met Monty Dumond en Lambie die kandidate totdat Ruan Pienaar van sy knie-operasie herstel het.

Steve Meyer daag ook aanstaande week in Durban op, maar Dumond en Lambie sal met flink vertonings in Kaapstad eerste ’n voet in die deur wil kry.

 * Die Sharks-groep is: Voorspelers: Willem Alberts, Jacques Botes, Craig Burden, Patric Cilliers, Keegan Da­niel, Jean Deysel, Bismarck du Plessis, Jannie du Plessis, Alistair Hargreaves, Ryan Kankowski, Gerhard Mostert, Beast Mtawarira, Johann Muller, John Smit en Steven Sykes. Agterspelers: Monty Dumond, Adrian Jacobs, Rory Kockott, Patrick Lambie, Charl McLeod, Waylon Murray, Lwazi Mvovo, Odwa Ndungane, JP Pietersen, Andries Strauss, Riaan Swanepoel, Stefan Terblanche, Luzuko Vulindlu.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: rugby  |  super 14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Eidel sê... Stormers julle het karakter gewys oor-see toe die beserings so erg was. Nou kan julle weer vir die land wys wat is karakter en hoe speel julle vir mekaar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

EXCEL ANALYST

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Customer Engineer

Somerset West, Cape Town, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
R6000 - R9000

Financial Accountant

Durban, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S80 T6 AT
1996
R 40,000.00

VOLKSWAGEN

Golf Cabriolet 2.0 MY95
1999
R 82,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.