Sharks daag Saru uit

2010-01-29 09:16
Tweets Share Share line Print

Stephen Nell

Kaapstad - Die Sharks het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gister wéér uitgedaag deur Willem Alberts in sy beginspan te kies vir vanaand se vriendskaplike kragmeting met die Stormers op Nuweland.

Alberts begin as agtsteman nadat hy sy buiging Dinsdagaand as plaasvervanger teen die Western Force gemaak het.

Dít was ondanks ’n vermaning deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) dat dit ’n oortreding van sy regulasies sal wees indien Alberts sonder ’n vrystellingsertifikaat van die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) speel.

’n Klag deur die GLRU beteken die Sharks sal hul besluit aan ’n Saru-tugkomitee moet verduidelik, maar dit het hulle steeds nie gekeer om Alberts vanaand selfs ’n meer prominente rol te gee nie.

Die Stormers sal hulle egter meer bekommer oor die skade wat Alberts as baldraer kan aanrig.

Hy is deel van ’n gedugte pak voorspelers, met die Sharks wat sekerlik gretig sal wees om te vergoed vir Dinsdag se lustelose vertoning in die nederlaag van 0-26 teen die Western Force.

Dit is veral in die skrums waar dinge vuurwarm kan raak, met die Sharks wat John Smit as vaskopstut inspan, met Bismarck en Jannie du Plessis onderskeidelik as haker en loskopstut.

Die Stormers se voorry van Brock Harris, Tiaan Liebenberg en Wicus Blaauw het verlede jaar meer as hul man in die Curriebeker-reeks vir die Westelike Provinsie gestaan, maar vanaand is ’n reuse-toets.

Blaauw is ’n belowende jong loskopstut en dit sal veral interessant wees om te sien hoe hy teen Smit opweeg.

“Ek het nog nie ’n loskopstut gesien wat só aggressief soos Wicus in die skrums is nie. Hy kan een van die groot skrumwerkers op loskop word,” sê die Stormers se voorspeler-afrigter, Matt Proudfoot.

“Wicus se bene is geweldig sterk en hy het ’n breë bors.

“Dit is baie moeilik om hom in toom te hou wanneer hy eers die druk op ’n vaskopstut begin laai.

“Ek glo nietemin John is ’n goeie vaskop. Hy gaan hom nie deur ’n aggressiewe loskop van stryk laat bring nie. Jy moet korrek teen hom skrum én aggressief wees.

“Dit gaan vir ons ’n groot uitdaging voorlangs wees, want ons ding van nou af nie net met die beste in Suid-Afrika mee nie, maar met die beste ter wêreld,” sê Proudfoot.

Dit sal ook interessant wees om te sien wat die Argentynse stut Eusebio Guinazu die Stormers kan bied. Hy kan aan albei kante van die skrum aangewend word.

Harris en JC Kritzinger bied goeie vaskop-moontlikhede, maar die uitmergelende aard van die Super14-reeks maak dit belangrik om ’n derde vaskop-opsie iewers te vind.

Die Sharks sal vir die vrot vertoning teen die Force wil vergoed en sal voorlangs met die reg­rukpoging wil begin.

Die Stormers moet weer wys dat verlede week se groot sege oor die Force wel op groot belofte vir die nuwe seisoen dui.

Die spanne is:

Stormers: Joe Pietersen, Gio Aplon, Jaque­ Fourie, Juan de Jongh, Bryan Habana, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Duane Vermeulen, Francois Louw, Schalk Burger (k), Andries Bekker, De Kock Steenkamp, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw.

Plaasvervangers: Deon Fourie, JC Kritzinger, Eusebio Guinazu, Anton van Zyl, Pieter Louw, Bolla Conradie, Lionel Cronjé, Sireli Naqelevuki, Frikkie Welsh, Fabian Juries.

Sharks: Patrick Lambie, Odwa Ndungane, Waylon Murray, Andries Strauss, JP Pietersen, Monty Dumond, Rory Kockott, Willem Alberts, Jean Deysel, Keegan Daniel, Johann Muller, Gerhard Mostert, John Smit (k), Bismarck du Plessis, Jannie du Plessis.

Plaasvervangers: Craig Burden, Tendai Mtawarira, Steven Sykes, Ryan Kankowski, Charl McLeod, Riaan Swanepoel, Stefan Terblanche, Patric Cilliers, Alistair Har­greaves­, Steve Meyer, Luzuko Vulindlu, Lwazi Mvovo.

Skeidsregter: Craig Joubert.

TV: 19:00 op SS 1.

- Beeld

Lees meer oor: rugby

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Andre sê... Riaan, dit is wat die Cheetahs verlede week gedoen het.Onthou jy, nou? Buffel, ou Voorvel skree mos vir enige iets. Tot vir die Stormers en WP ook!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Tucson 2.0 GLS MY07
2006
R 119,100.00

FORD

Figo 1.4 Ambiente 5-dr
2011
R 99,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 190,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.