Seuns 'weggeraap' vir Blou Bul-rugby

2011-02-27 07:14
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Bolandse skoolhoofde en rugby-amptenare is ontstoke oor die Blou Bulle hul beste kalwers na spogskole in Pretoria lok deur vet kontrakte voor hul voete te gooi.

Een Stellenbosse skoolhoof wat pas onder so ’n “strooptog” deurgeloop het, sê dié praktyk grens aan “kinderhandel”.

Altesame 17 jong, bruin spelers is aangekeer deur Xander Janse van Rensburg, die Blou Bulle se werwingsbeampte.

Dié belowende spelers kom van Paul Roos Gimnasium (Stellenbosch), die hoërskole Schoonspruit en Swartland (albei in Malmesbury) en Dirkie Uys (Moorreesburg).

Van dié spelers, wat tussen 15 en 17 jaar oud is, was deel van die Boland-rugbyunie se Elite-ontwikkelingsprogram waaraan derduisende rande bestee word. Die spelers is nou ingeskryf by die hoërskole Waterkloof (3), Garsfontein (9), Centurion (3) en Menlopark (2).

Al vier dié skole is deel van die Blou Bulle se rugbyontwikkelingsprogram.

Duncan Matthews van die Hoërskool Swartland was lid van die SA Elite-ontwikkelingspan en is nou by die Hoërskool Waterkloof ingeskryf. Hy en sy ma, Anthea Fluks, het ’n ontwikkelingsooreenkoms (vir junior-spelers) met die Blou Bulle gesluit.

Duncan ontvang onder meer sakgeld van R12 000 per jaar en gratis raad en bystand met siektes en beserings.

“Daar is geen logiese rede om seuns uit hul ouerhuis te neem en hulle na skole in Gauteng te stuur nie,” sê Jannie van der Westhuizen, rektor van Paul Roos Gimnasium.

“Die wyse waarop dit gedoen word, is ook oneties, onopvoedkundig, en grens na my mening aan kinderhandel.

“Goeie verhoudinge tussen skole gaan ernstig in die gedrang kom.”

Dirk Marais, hoof van die Hoërskool Swartland in Malmesbury, is ewe ontsteld. “Nog nooit het ons op so ’n groot skaal spelers afgestaan nie.

“Die Blou Bulle en die ouers het ons nooit hieroor ingelig nie.

“My skool het goeie sportbeurse aan seuns uit arm omgewings gegee. Nou is hulle weggeraap. Beleggingsgeld is daarmee heen, die gemeenskap verloor ’n kind, gesinne word opgebreek.

“’n Speler wat dit nie in die Noorde maak nie, kom later terug na dieselfde skool en unie wat hy tevore in die tande geskop het?”

Denver Pienaar, die Boland-rugbyunie se bestuurder van spelontwikkeling, sê dis hartseer dat die unie én skole met baie sweet in die spelers belê, net om hulle te verloor. “Die Hoërskool Swartland het sowat R25 000 in die speler met die Blou Bulle-kontrak belê.

“Wat doen die Blou Bulle met SA Rugby se ontwikkelingsgeld?”

Volgens Theo Kleynhans, die WP-rugbyvoetbalunie se hoofbestuurder van jeugrugby, is dit “baie erg dat op maatskappyvlak fisieke kontrakte gegee word vir jong spelers uit ander provinsies”.

Ian Schwartz, die Blou Bulle se bestuurder van hoë prestasie, het op die bewerings gereageer:

“Ons neem talentvolle spelers uit veral arm gebiede in ons stelsel in en stel hulle aan die beste ontwikkeling bloot.

“Ons het ons oë oor die hele land.

“Almal in die land doen dit tog?

“In die Boland gaan sulke spelers na Paul Roos Gimnasium en Hoër Jongenskool in die Paarl.

“Spelers word by ons in goeie skole geplaas en as hulle goed is, word hulle deel van die Elite-span.

“Op ouderdom 18 kan hy ’n kontrak met die Blou Bulle sluit.”

Danny Pietersen, ’n skoolhoof in Atlantis, is deur die Blou Bulle genader om talentvolle spelers daar te identifiseer.

“Ek doen dit gratis. Dié kinders uit Atlantis, Malmesbury, Mamre en Pella is arm en kry daardie één kans in die lewe. Dis om kosteloos by ’n goeie skool te wees en later dalk ’n goeie kontrak. Dis ’n groot tree na ’n beter lewe.”

Uittreksels van Danny Pieterse se spelersverslag aan die Blou Bulle en Pretoriase skole:

- “Vir hierdie speler sal julle maar moet veg; hy is die moeite werd en hoe vinniger ons hom hier kan kry hoe beter.”

- “Is ’n voorry en is ongelooflik groot vir sy ouderdom (gr. 8-leerling). Kan special wees met regte afrigting.”

- “Hierdie is twee boeties en net bereid om Waterkloof toe te skuif.”

- “Die skool wat hom gaanopraap, gaan ’n ware ster kry.”

- “Losskakel (gebore 1995). Hy en (speler se naam) is die skakelpaar al vir nege jaar. Moet as kombinasie skuif.”

- Rapport

Lees meer oor: blou bulle  |  rugby  |  skole  |  sport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
57 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

dawie.stegmann sê... Peter Div! Jy was aangestel om politiese redes, maar afgedank omdat Jy 'n verleentheid vir die hele SA se sportgemeenskap was. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.