Ses nuwe Bokke toer na Europa

2010-10-31 10:53
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Springbok-keurders het gisteraand ses nuwelinge ingesluit in die Bokke se groep vir hul Grand Slam-toer na Ierland en Brittanje.

Hulle is die Haaie se nuwe losskakel-sensasie Patrick Lambie, die Leeus se ewe talentvolle nr. 10, Elton Jantjies, die Durbanse spog-vleuel Lwazi Mvovo, die Haaie se yster-losvoorspelers Willem Alberts en Keegan Daniel, asook die Vrystaat se jong krag-stut Coenie Oosthuizen.

Peter de Villiers en sy troepe vertrek Woensdagaand na Dublin waar hulle Saterdag in die eerste van vyf toetse met Ierland kragte meet.

Daarna wag Wallis, Skotland, Engeland en die Britse Barbarians op agtereenvolgende naweke op Suid-Afrika se rugbytrots.

De Villiers en sy twee hulpafrigter, Dick Muir en Gary Gold, is onder kwaai druk om die Springbokke weer op die wenpad te kry ná ’n katastrofiese Drienasies-reeks waarin die Bokke net een van ses toetse kon wen.

Lambie, Jantjies, Mvovo en Alberts se insluitings in die Bokke se toergroep is geen verrassing nie, maar dié van Daniel en Oosthuizen kan dalk in sommige kringe die wenkbroue laat lig.

Die twee nuwe Bokke het egter vanjaar met goeie spel beïndruk en is beslis welverdiend in die Bok-groep opgeneem.
 
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: rugby  |  springbokke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

dawie.stegmann sê... Peter Div! Jy was aangestel om politiese redes, maar afgedank omdat Jy 'n verleentheid vir die hele SA se sportgemeenskap was. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.